Leesvordering:

Brexit FAQ

Mar 13, 2019

Die woord “Brexit” is ʼn bron van kommer vir baie inwoners van die Europese Unie (EU) in die Verenigde Koninkryk (VK). Party Suid-Afrikaners is so gelukkig om dubbele burgerskap en EU paspoorte te hê. Voorheen het dit hulle in staat gestel om sonder beperkings in die Verenigde Koninkryk te woon, werk en studeer. Die naderende Brexit laat dinge egter onseker en deurmekaar lyk.

Ons probeer hier om ʼn paar van die algemeenste vrae oor die kwessie te beantwoord. Lesers moet egter daarop let dat die reëls te eniger tyd kan verander, want onderhandelings is nog nie afgehandel nie. Ons antwoorde hier onder is korrek ten tyde van publikasie.

Toegang tot die VK na Maart 2019

Ek het ʼn EU-paspoort en wil graag na die VK verhuis. Ek kan dit egter nie voor die einde van Maart 2019 doen nie. Sal ek nog in die VK kan woon en werk as ek eers na Maart 2019 gaan?

Ons beveel tans aan dat jy voor 29 Maart 2019 na die VK verhuis, aangesien dit onduidelik is wat die proses na Maart 2019 sal behels. Daar is aangedui dat EU-burgers die VK nog tot Maart 2020 kan binnegaan. As daar ʼn egter ʼn “no deal” is (as die VK die EU sonder ʼn ooreenkoms verlaat), kan dit verander. Ons kan nie waarborg dat jy dan nog vrylik sal kan kom en gaan nie, en dus ook nie dat jy na 29 Maart 2019 toegang tot die VK sal kan verkry nie.

As jy ʼn EU-burger is, nog nooit in die VK gewoon het nie en na 29 Maart 2019 daarheen wil verhuis, sal jy ʼn visum (tydelike verlof om daar te wees) nodig hê. Die visum sal vir drie jaar geldig wees en sal nie tot ʼn skikking lei nie.

Die EU Settlement Scheme

Ek is ʼn EU-burger en het ʼn jaar gelede na die VK verhuis. Sal ek na Brexit daar kan bly?

Ja, jy sal in die VK kan bly.

EU-burgers en hul gesinne kan aansoek doen vir die EU Settlement Scheme wat hulle in staat sal stel om na 30 Junie 2021 in die VK te bly woon. Die skema sal op 30 Maart 2019 heeltemal oop wees en op 30 Junie 2021 sluit. As ʼn ooreenkoms egter nie bereik kan word nie, sal die sperdatum vir aansoeke 21 Desember 2020 wees.

As jy vir die skema aansoek doen, sal jy tydelike verblyfreg (“pre-settled status”) ontvang omdat jy nog nie vir ʼn aaneenlopende tydperk van vyf jaar in die VK woon nie. Na vyf jaar kan jy aansoek doen vir permanente verblyfreg (“settled status”) wat jou in staat sal stel om permanent in die VK te woon.

 

Ek woon al langer as ses jaar as ʼn EU-burger in die VK. Moet ek enigiets rakende die naderende Brexit doen?

As jy na 30 Junie 2021 in die VK wil bly woon, moet jy voor daardie datum aansoek doen vir die EU Settlement Scheme. Aangesien jy al langer as vyf jaar in die VK woon, sal jy permanente verblyfreg (“settled status”) kry.

Die voordele van permanente verblyfreg onder die EU Settlement Scheme sluit die volgende in:

  • Jy kan sonder ʼn tydsbeperking in die VK woon en werk.
  • Jy kan aansoek doen om Britse burgerskap.
  • Jy sal volle toegang hê tot die nasionale gesondheidsdienste (NHS) en sekere vorme van openbare fondse.
  • Jou kinders wat in die VK gebore word, sal outomaties Britse burgers wees.

 

Die inligting in hierdie artikel is nie professionele advies nie. Dit is algemene inligting sonder enige waarborg van enige aard, hetsy uitdruklik of geïmpliseerd. Ons beveel aan dat lesers ons via ons webwerf www.bic-immigration.com kontak vir meer spesifieke inligting rakende hul spesifieke gevalle.

Meer oor die outeur

Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants, of BIC soos ons algemeen bekend staan, spesialiseer in Britse en Suid-Afrikaanse immigrasie. Vanuit ons hoofkantoor in Londen en drie susterkantore in Suid-Afrika – Pretoria, Kaapstad en Durban – help ons kliënte in beide lande.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest