Leesvordering:

Dia stap die primitiewe Weg van Sint Jakobus vir haar 50ste

Jan 18, 2024

Pieter de Lange skryf: Ek wil jou graag voorstel aan ’n inspirerende vrou van Sandton, Johannesburg – Dia Coetzee Carstens, wat nie net mooi en slim is nie, maar ook dodelik. Sy het ’n derde Dan in Taekwondo. Sy is ook ’n Taekwondo-wêreldkampioen met twee medaljes op haar kerfstok. Sy is die trotse ma van tweelingseuns, Armand en Roald, wat binnekort met hul tweede jaar as voltydse mediese studente by Wits begin.

Dia is lief vir die buitelewe, dus het sy besluit om die 320 km lange Camino Primitivo in die noorde van Spanje te gaan stap ter viering van haar 50ste verjaarsdag. Die Camino Primitivo is die oorspronklike Camino-pelgrimstog wat in Oviedo, Asturias begin en in Santiago de Compostela eindig, in die skilderagtige Galicia.

Dia het die eerste keer uitgevind van die Camino toe ’n vriendin omtrent 15 jaar gelede tydens aandete genoem het dat dit op haar emmerskoplys is. Sy het die geskiedenis daarvan gaan opsoek en ontdek dat dit deur Koning Alfonso II van Spanje gevestig is ná die ontdekking van die relieke van Sint Jakobus die Grote aan die begin van die negende eeu.  Die Weg van Sint Jakobus het van die tiende eeu af ’n belangrike pelgrimsroete van die middeleeuse Christendom geword.

Dia was geensins gepla deur die vooruitsig om 320 kilometer binne 15 dae op haar eie te stap nie. Sy is gewoond daaraan om alleen te reis en geniet haar eie geselskap terdeë. Sy het al verskeie avontuurstaptogte voltooi, soos die staptog na die Everest-basiskamp en die Annapurna-roete in Nepal, en in 2012 het sy ook Kilimanjaro bestyg – die hoogste piek in Afrika.

Hoewel die Camino bedoel is as ’n pelgrimstog, stap baie mense dit vir redes wat nie verband hou met geloof nie. Hulle geniet dit as ’n pragtige staptog met wonderlike natuurskoon. Dia het uitgesien om in die natuur te stap en om die fassinerende en pragtige noordelike deel van Spanje te ontdek; ’n deel van Spanje wat sy nog nie voorheen verken het nie. Volgens haar was dit vir haar outomaties ’n spirituele ervaring omdat die lang afstande wat ’n mens elke dag stap, tesame met die soms ritmiese en diep asemhaling jou in ’n toestand van diep meditasie laat verval. Dit raak verslawend om so te voel. Vir haar is die oorheersende herinnering van die Camino Primitivo die “absolute, oorweldigende natuurskoon wat ’n mens met tye ongelooflik nietig laat voel.”

Dia se kleurvolle vertellings van haar soms uitdagende daaglikse staptogte deur Asturias en Galicia en die plaaslike avonture is nie net fassinerend en boeiend om te lees nie, maar dit is ook ’n bevestiging van haar onblusbare joie de vivre! Hier is ’n paar van haar dagboekinskrywings op die blog wat sy geskep het vir vriende en familie wat deel wou wees van haar daaglikse avonture:

Lees meer hier: Dia walks the primitive Way of Saint James for her 50th

Foto: Getty Images/ Unsplash

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest