Leesvordering:

#DieValFilm: AfriForumTV stel op 10 September fliek oor boeliegedrag en selfdood bekend

Sep 10, 2022

Wanneer dit voel asof alles inmekaar begin tuimel, wil Melissa Strauss net haar oë toe maak, oorgee, val en vergeet. Vergeet van loopbaankeuses, eindeksamen, matriekafskeid, Wian se ondraaglike afknouery, haar kuberboelies en Stefan, haar beste vriend wat toegee aan groepsdruk.

Die Val, ’n kortfilm met die doel om hoop te skep by jongmense, is vanaf 10 September (ook Wêreldselfdoodbewusmakingsdag) gratis op AfriForumTV beskikbaar.

Melissa, vertolk deur Deoudoné van der Merwe (beter bekend as Stella van KykNET), is die hoofkarakter in hierdie film. Sy is saggeaard en ’n regte slimkop. Sy stoei daagliks met die kontrasterende struikelblokke binne die hoërskoolmilieu. Haar stryd met boelies en akademiese prestasie, asook haar verliefdheid op Stefan laat haar daagliks voel asof sy besig is om te val. Sal sy staande bly?

#DieValFilm het ontstaan deur die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelie- en selfdoodbewusmakingsveldtog wat sedert 2017 meer as 120 000 leerders in Suid-Afrika bereik het.

“Met hierdie film glo AfriForum dat dit ons hande sterker sal maak om by meer jongmense uit te kom, asook ouers en onderwysers. Veilige skole sorg ook vir veilige gemeenskappe – nie net nou nie, maar ook in die toekoms,” sê Leandie Bräsler, bestuurder van jeugleierskap by AfriForum.

Die kortfilm verken die uitdagings waarmee jongmense vandag gekonfronteer word en hoe hulle hul pad deur die onsekerheid van tienerskap en jong volwassenheid moet vind. Dit is ’n klein blik op mondigwording, waar ’n agtienjarige matriekmeisie (Melissa) sukkel om staande te bly.

“Dit is belangrik om die film te kyk sodat jy as mens bewus kan wees van boeliegedrag asook die impak daarvan, om die gedragstekens van depressie raak te sien in jou medemens, en dat dit mense sal aanmoedig om die verskil te wees,” sê Bräsler.

Die film is op tieners gemik, maar elke persoon kan daaruit baat.

Die draaiboek vir Die Val is deur dr. Tarryn-Tanille Prinsloo geskryf. Katelynn Labonté van AfriForumTV het die regie behartig en ook die oorspronklike storie geskryf.

Hierdie film is nie net vir die slagoffers van boeliegedrag nie, maar daar word ook gekyk na die agtergrond van die boelies, onder andere die karakter Wian. Wian is ’n aantreklike tienerseun wat goed is in sport. Hy het baie mag by die skool, maar tuis is hy eintlik ’n slagoffer, want hy word sonder ’n ma groot en sy pa is ’n volslae alkoholis. Tieners weet nie noodwendig hoe om al hul seer te hanteer nie en daarom haal Wian sy woede en seer op Melissa uit.

Kuberafknouery word ook in die film aangeraak, wat deesdae meer onder tieners voorkom. In die verlede was die boelies net by die skool, maar deesdae neem kinders die boelies saam met hulle ‘huis toe’, want boeliegedrag vind nou ook op selfone en sosiale media plaas.

Hoewel die film ’n geweldige moeilike en hartseer tema behandel, word daar ook hoop geskep deur aan die kyker die nodige oplossings te bied soos: watter kanale om te volg wanneer jy geboelie word, dat dit belangrik is om met iemand te praat, dat dit oukei is om nie oukei te voel nie en ook verskeie tekens wat ouers, onderwysers en kinders voor kan uitkyk wanneer iemand geboelie word. Die film wys ook dat daar gevolge is vir boelies wanneer hulle ander afknou.

Die publiek kan gratis by www.afriforumtv.co.za registreer om die #DieValFilm te kyk of laai die AfriForumTV-toepassing af by Google Playstore of die App store.

Finesse Voelgoed het ook saam met AfriForum se teenboelieveldtogspan hande gevat en stel op 10 September die #NetMATRIEKS-bootreis-kompetisie bekend op www.dievalfilm.co.za. Die kompetisie sluit 29 September.

Vir meer inligting besoek www.dievalfilm.co.za.

LOKPRENT: Die Val

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest