Leesvordering:

Gunstelinglekkernye tydens die feestyd

Des 13, 2017

Dit is weer amper Kersfees! Ek kan nie glo dat nóg ’n jaar verby is nie. Vir my persoonlik was dit ’n baie opwindende jaar en tyd van my lewe. 2017 het sowel vreugde as teëspoed gebring en nou kry ek die geleentheid om hierdie wonderlike jaar saam die twee mans in my lewe te vier. Ek is verskriklik geseënd. Kersfees is ietwat anders in Frankryk, nie regtig die tradisies nie, maar die feit dat jy dit alleen vier. Die liggies is opgesit, Kersfeesversierings is in winkelvensters aangebring en mense is besig om geskenke vir hulle geliefdes te koop.

Ek is gelukkig in die sin dat ek twee weke in sonnige Suid-Afrika gaan deurbring voordat ek net voor Kersfees terugkeer. Ek gaan tuiskom in ’n baie koue maar vrolike klein dorpie. Kersmarkte gaan aan die orde van die dag wees en die reuk van Nutella-crêpe, warmsjokolade en gebraaide kastaiings gaan die lug vul. Soos julle kan onthou was ek verlede jaar rondom Kersfees 37 weke swanger. Almal van ons moet die verskillende fases van ons lewe vier. Selfs wanneer dit alleen en soort van ongemaklik is. Dis die lewe en dit moet gevier word.

Ek kan onthou dat ek ’n wyle terug ’n inskrywing gelees het van hierdie fase van ’n mense se lewe en dat dit moeilik is. Soos een van my vriende gesê het, om ’n moeder te wees laat jou toe om die klein dingetjies in die lewe te geniet. Sy het my die advies gegee om dit net te geniet om my naels te verf wanneer die geleentheid hom voordoen of om net ’n bietjie te gaan slaap, maar ongelukkig het ek die geneigdheid om nie stil te sit nie, wat in ’n stadium tot totale uitputting gelei het. Wat het 2017 my geleer? Die lewe is moeilik, jy is nie perfek nie en jy kan nie alles doen nie, maar jy moet weet dat dit aanvaarbaar is.

Ek kyk terug na die verlede en al die Kersfeeste wat ek gevier het. Tydens ons eerste Kersfees as ’n getroude paartjie was ons alleen en nuut tot die kultuur in Frankryk, omring deur nuwe vriende. Ons het soort van vreemd en alleen gevoel. Die Kersfees daarna het ons tussen die berge in Chamonix gevier. Ons derde jaar in Montpellier is saam met talle ander Suid-Afrikaners gevier, omring deur Kersfees-trooskos wat ons almal ken en liefhet. In 2016 het ons weer eens getrek en tydens ons eerste jaar in Castres was ek 37 weke swanger en het Kersfees saam met familiegaste spandeer. Kosmaak het my forte geword, maar teen 37 weke is ’n mens nie meer so entoesiasties nie, hoewel jy dit steeds met ’n glimlag doen (aan die binnekant). Nou in 2017, vier ons die afgelope jaar met meer liefde, opgooi en drukkies as waarvoor ek kon vra.

So natuurlik moet daar kos op die tafel wees en ek beplan ’n baie meer beskeie Kersfees… O, wie probeer ek flous, nè? Dit wil voorkom asof ek dit altyd oordoen wanneer ek die geleentheid kry om gasvrou te speel. My skoonma kom kuier, so dit bied aan my die geleentheid om te kook net waarvoor ek lus kry terwyl ek ’n baba-oppasser het. Ons het ook ons Kersfees-pajamas bestel en beplan om Kersoggend in Kersvaderbedekte pajamas te spandeer. Moenie eers daaraan dink nie, my man het dit uitgekies! Ons het dit by Pat Pat gekoop; hulle het so ’n groot verskeidenheid. Ons sal egter beslis klere onderaan moet dra omdat dit nie so dik is soos ons gedink het dit sou wees nie. Ek wil my kind beslis nie heeltemal van Kersfees afskrik nie!

Wat is die Franse tradisies vir Kersfees? Wel, dit lyk asof hulle baie soos ons is wanneer Noël gevier word. Groot etes word beplan en die hele familie is genooi met groot hoeveelhede kos. Die tradisionele koek is Bouche de Noël (indien jy op soek is na die resep, loer na die ooreenstemmende inskrywing verlede jaar). Ek het ’n paar Franse gevra wat hulle gewoonlik voorberei om te eet en almal van hulle het dieselfde reaksie gehad: “Ons sal eet waarvoor ons lus is.” Wel, om ’n bietjie uit te brei, kalkoen, eend, beesvleis, ensovoorts kan op die spyskaart wees langs ’n paar bekende nageregte soos crème brûlée, deeg wat in sjokolade gedoop is, ensovoorts. Aangesien daar egter ’n hele paar geregte is, kan hierdie Kersvieringe ’n rukkie neem, iets waarvoor die Franse al bekendheid verwerf het.

So daarom gaan ek hierdie week slegs ’n paar nageregresepte met julle deel sodat julle gerat is vir die feesseisoen wat voorlê. Ek weet dat daar ’n magdom van keuses is en selfs ek word soms oorweldig. Wanneer ek net té veel dinge het om van te kies, kan ek glad nie besluit nie! Sommige is gesond en ander is weer nie so gesond nie, maar dit is waarom jy jouself aan die kos moet oorgee sodat jy die familiedrama kan hanteer. Hoewel ons ons beste gaan probeer om ons nege maande oue baba fyn dop te hou, gryp hy in hierdie stadium alles wat hy in die hande kan kry. Ek gaan die gebak en gekook aan julle oorlaat; hopelik kry julle ’n paar dinge gedoen!

Resepte

Espresso-karamel-selfsouspoeding

Voorbereidingstyd: 10 minute
Baktyd: 12 minute
Bedien: 20–25 koekies

Bestanddele

  • 1/2 koppie volkoringmeel/rogmeel of gewone meel
  • 1 e. amandelmeel
  • 1/4 koppie bruinsuiker of klappersuiker
  • 1 1/2 t. bakpoeier
  • 3 1/2 t. kakaopoeier
  • 1 t. espressopoeier
  • 1 t. karamelgeursel
  • 1/2 koppie melk/klappermelk/room
  • 35 g veganbotter of normale botter
  • 1 vlaseier of 1 normale eier
  • 1/2 koppie klappersuiker of bruinsuiker
  • 1 koppie kookwater

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180°C.
  2. Sif die meel, amandelmeel, suiker, bakpoeier en twee lepels kakaopoeier saam.
  3. Skep hierdie mengsel in oondbestande koppies of crème brûlée-koppies.
  4. Meng die ander lepel kakaopoeier en die res van die suiker saam, sprinkel ’n lepelvol oor elke koppie en gooi dan die kookwater oor.
  5. Bak vir 12–15 minute totdat dit kook.
  6. Bedien warm uit die oond saam met klapperslagroom of vanieljeroomys.

Speculoos-gemmerbroodmannetjies

Voorbereidingstyd: 20 minute
Baktyd: 10 minute
Bedien: 20–25 koekies

Bestanddele

  • 1 koppie rogmeel
  • 1 1/2 koppie volkoringmeel
  • 70 g groentebotter (soos soja of klapper)
  • 1 t. speculoos-speserye (Dille et Kamille) of gemmerbroodspeserye
  • 50 g klapperolie
  • 125 g klappersuiker
  • ’n Knippie sout
  • 1 t. baksoda
  • 1 t. vanieljegeursel
  • 1 eiergeel of 1 vegan vlaseier
  • 2/3 koppie esdoringstroop/agawe/molasse

Bestanddele vir versiersel

  • 1 eierwit of klapperolie
  • 125 g witsuiker
  • Druppels suurlemoensap

Metode

  1. Verhit die oond tot 175°C.
  2. Meng die botter, klapperolie en suiker saam totdat dit ’n gladde tekstuur het.
  3. Voeg die droë bestanddele by en meng dan goed totdat deeg vorm.
  4. Skep die deeg uit op ’n meeloppervlakte en rol dit uit met ’n koekroller.
  5. Druk gemmerbroodmannetjies uit en plaas dit in ’n bakpan wat met perkamentpapier uitgevoer is. (Koekiedrukker aangekoop by Dille et Kamille.)
  6. Bak vir 9–12 minute totdat dit bruin is en haal uit oond om af te koel.
  7. Laat die koekies heeltemal afkoel voordat die versiersel opgesit word. Dit moet op ’n droë plek teen kamertemperatuur afkoel.

Gemmerbroodversiersel

  1. Meng al hierdie bestanddele saam en laat dit vir ’n rukkie staan voordat jy dit in ’n spuitversierselsakkie met ’n klein tuit gooi.
  2. Versier jou koekies en laat dit teen kamertemperatuur droog word.
  3. Stoor in ’n lugdigte houer.

 

Reusepepermentkoekie

Bestanddele

  • 125 g gesoute botter
  • 1 1/2 koppie veeldoelige meel (farina de ble)
  • 1 t. vanielje
  • 1 eier
  • 1/2 t. baksoda
  • 1/4 t. sout
  • 1 blok pepermentsjokolade
  • Funfetti-sprinkels
  • Silwer koekiesprinkels

Metode

  1. Verhit die oond tot 180°C.
  2. Meng die sagte botter en suiker saam, voeg die eier by en meng dan weer.
  3. Voeg die droë bestanddele en die opgekapte sjokolade by. Meng goed totdat buigsame deeg vorm en skep die deeg dan in die reusekoekiedrukker. (Aangekoop by Maison du Monde.)
  4. Verwyder sommige van die deeg sodat die koekiedeeg nie oor die kante van die koekiedrukker bak nie. Jy kan ekstra koekies met hierdie deeg bak.
  5. Nou is dit tyd om die sprinkels en ander versierings by te voeg.
  6. Bak vir 14–20 minute totdat dit goud verkleur.
  7. Laat dit eers vir ’n rukkie staan voordat jy dit uit die koekiedrukker haal en versier nog verder indien jy sou verkies. Draai dit toe en gee as ’n geskenk vir iemand spesiaal!

Lekker bak hierdie feesseisoen! Ek is op pad na Suid-Afrika vir ’n bietjie sonskyn voor Kersfees. Wens my sterkte toe, want ek gaan op my eie vlieg! Vir meer resepte, besoek gerus my Instagram– en Facebook-blad.

Jy kan Mariza se blog, Life in the South, hier lees en haar ook op sosiale media volg. Haar blog is ’n plek waar jy meer as een ding kan wees: ma, sjef, fotograaf en reisiger alles gelyktydig. Vind resepte, reisinligting, doen-dit-self, handige wenke en hoe om in die buiteland te oorleef…

Meer oor die outeur

Mariza Ebersohn

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest