Leesvordering:

Internasionale boedelbeplanning meer relevant as ooit vir oorsese beleggers

Nov 2, 2017

Anton Prinsloo anton.prinsloo@psg.co.za

Die huidige politieke onsekerheid en lustelose plaaslike aandele-markprestasie het die afgelope paar jaar gelei tot ʼn groter fokus op buitelandse beleggings. Beleggings in die buiteland stel u in staat om u beleggingsrisiko oor verskillende ekonomieë, streke, sektore en sekuriteite te versprei en meer geleenthede te kry.

Belegging in hierdie buitelandse jurisdiksies kan egter beduidende implikasies vir u boedel inhou. Daarom moet al die regulatoriese vereistes – wat deurentyd verander – oorweeg word wanneer ʼn boedelplan opgestel word.

Die waarde van boedelbeplanning

Buitelandse boedelbeplanning is nodig om te verseker dat u en u gesin se buitelandse bates na u dood in goeie hande en in ʼn optimale belastingposisie is. Eerstens moet u in Suid-Afrika ʼn testament in plek hê wat u wêreldwye bates dek. Met PSG se buitelandse beleggingsopsies is dit glad nie nodig om ʼn afsonderlike buitelandse testament te hê of om nog ʼn eksekuteur in die buiteland aan te stel en regterlike verifikasie van die testament te verkry nie.

Impak in die geval van belegging in verskillende jurisdiksies

Na gelang van die jurisdiksie waarin ʼn kliënt belê, kan die kliënt by afsterwe aan boedelbelasting (sogenaamde situsbelasting) in daardie jurisdiksie onderhewig wees indien ʼn bate in ʼn bepaalde land gedomisilieer of geregistreer is. Die briljante Albert Einstein het gesê: “Die moeilikste ding in die wêreld om te verstaan, is inkomstebelasting.” As situsbelasting destyds bestaan het, sou Einstein seker Margaret Mitchell se woorde beaam het: “Dood, belasting en kindergeboorte! Daar is nooit ʼn gerieflike tyd hiervoor nie.”

Die doel van hierdie artikel is nie om algemene advies te gee nie, maar om te verseker dat u ingelig is oor die impak van belasting op boedelbeplanning. Hoewel ons in ʼn vorige nuusbrief die kwessie van situsbelasting bespreek het, wil ons verseker dat alle kliënte wat genoteerde aandele in hul persoonlike hoedanigheid in die Verenigde State (VS) en die Verenigde Koninkryk (VK) hou, die implikasies van hierdie belasting deeglik oorweeg, veral ten opsigte van hul boedelbeplanning.

Hierdie artikel verskaf nie fyner besonderhede oor al die aspekte van situsbelasting nie en verduidelik ook nie die implikasies daarvan in detail nie. Die idee is eerder om u verder in te lig oor hierdie saak.

Algemene Verslagdoeningstandaard

Inkomstedienste is wêreldwyd besig om nouer samewerking te bewerkstellig deur finansiële inligting te deel. Die Algemene Verslagdoeningstandaard (Common Reporting Standard of

Wat is SITUSBELASTING?

Situsbelasting word gehef op aandele (en sekere ander bates) wat in genoteerde maatskappye, vernaamlik in die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk, gehou word. Die vrystellings vir inwoners van hierdie lande is baie gunstig, maar vir buitelanders kan dit by afsterwe minder gunstige belastingimplikasies inhou.

Hoewel daar ander jurisdiksies is wat ook situsbelasting hef, fokus hierdie artikel hoofsaaklik op die VS en die VK as gevolg van ons portefeuljes se blootstelling in hierdie twee lande.

In die Verenigde Koninkryk

In die VK staan hierdie belasting bekend as erfenisbelasting. Die vrystellings vir buitelanders wat in Suid-Afrika woon, is heel gunstig, aangesien ʼn individu ʼn bedrag van meer as R5,6 miljoen (teen R17,34 teenoor die pond) in VK-aandele kan belê voordat situsbelasting van toepassing word. Die vrystelling is £325 000. Indien ʼn gade die enigste erfgenaam van die aandeelhouer is, sal geen belasting by die eerssterwende se dood gehef word nie, en hierdie vrystelling word oorgedra aan die gade. By die gade se dood sal die vrystelling dan £650 000 wees. Die maksimum belastingkoers in die VK is 40%.

In die Verenigde State

In die VS word hierdie belasting federale boedelbelasting genoem. Die vrystelling vir buitelanders is slegs VS$60 000 en federale boedelbelasting is betaalbaar by die dood van ʼn individu, ongeag of die gade die enigste erfgenaam is.

Dit beteken ʼn belegging van meer as R780 000 (teen R13 teenoor die dollar) in Amerikaanse aandele sal op ʼn glyskaal vir situsbelasting aanspreeklik wees. Die maksimum belastingkoers in die VS is ook 40%.

Wat is die verwantskap tussen buitelandse situsbelasting en ons boedelbelasting?

Enige situsbelasting wat betaal is, sal in ag geneem word wanneer boedelbelasting bereken word. Geen boedel sal aan dubbele belasting onderhewig wees nie. Die eintlike kwessie is egter dat die koers van situsbelasting in die buiteland tot 40% kan wees, in vergelyking met die huidige boedelbelastingkoers van 20% in Suid-Afrika.

Wat is die risiko?

Die risiko is dat die boedel van ʼn persoon wat genoteerde aandele in die VS en die VK besit, uiteindelik vir tot 40% situsbelasting aanspreeklik kan wees by die persoon se dood. Hierdie risiko verg individuele oorweging aangesien elke belegger se situasie uniek is.

Kan situsbelasting vermy word?

Dit is moontlik om te belê deur middel van ʼn struktuur waar situsbelasting nie van toepassing sal wees nie. Indien die eienaar van die buitelandse aandele nie ʼn individu is nie – byvoorbeeld waar die belegging aangegaan word deur (1) ʼn buitelandse effektetrustfonds, of die aandele gehou word in (2) ʼn buitelandse uitkeerpolis, of deur (3) ʼn buitelandse trust, of (4) ʼn buitelandse trust- en maatskappystruktuur – sal geen situsbelasting betaalbaar wees nie.

Sal daar koste-implikasies wees om die portefeulje te verander?

Dit sal van elke persoon se eie situasie afhang. Wanneer eienaarskap van ʼn belegging verander word, sal dit ʼn kapitaalwins-gebeurtenis laat ontstaan en ʼn berekening sal nodig wees om te bepaal of kapitaalwinsbelasting betaalbaar sal wees.

Blootstelling aan ons Global Equity Portfolio

Ons Global Equity Portfolio het byvoorbeeld tans sowat 65% blootstelling aan Amerikaanse aandele. Dit beteken wanneer u totale portefeuljewaarde meer as R1 200 000 bedra, sal u beleggings ʼn punt bereik waar dit aan situsbelasting onderhewig sal wees. Dit is nie iets om oor bekommerd te wees nie, maar dit beteken dat die situasie geëvalueer moet word.

Die pad vorentoe

Indien u moontlik deur situsbelasting in u portefeulje geraak word en ons nog nie met u in aanraking was nie, sal ons u binnekort kontak om te gesels oor u unieke situasie en die beskikbare opsies wat u kan oorweeg as deel van u holistiese finansiële beplanningsproses.

PSG Silver Lakes, George Central and Mossel Bay Diaz
Kantoornommer: 086 134 8190
Selfoonnommer: 082 415 0318
E-pos: anton.prinsloo@psg.co.za
Facebook: https://www.facebook.com/PsgKonsultSilverlakesGeorge/

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest