Leesvordering:

Kollig Nuusbrief: 3 November 2022

Nov 3, 2022

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.

Hier is die gewildste artikels:

Historiese mylpaal in Brittanje ook van belang vir Afrikaans

Te midde van die politieke chaos wat Brittanje tans kenmerk, is ’n historiese mylpaal op 26 Oktober 2022 bereik wat ook van groot betekenis vir Afrikaans is. Die derde voorlegging van die “Ierse taal en Ulster Skotse”-wetsontwerp wat oor die beskerming en bevordering van die Ierse taal, kultuur en identiteit handel, het naamlik suksesvol in die Britse Laerhuis verloop.

HELP! My tiener/volwasse kind wil NOU skielik Afrikaans leer!

Ek het vir jou ’n paar voorstelle en idees uit my eie ervaring. Tussen 2015 en 2022 het ek vier mense – ’n sendelingvriend van Amerika, ’n vriendin uit Serwië, vriende se tienerdogter in Engeland, en my eie kêrel (nou my man) – gehelp om as volwassenes Afrikaans baas te raak.

Dis heeltemal doenbaar! Tewens, dis volgens my dikwels makliker om ’n toegewyde volwassene op die leerreis te begelei, as wat dit is om ’n ongefokusde kleuter te onderrig. In hierdie artikel behandel ek die voordele, tesame met ’n paar praktiese strategieë wat ek saam met my “studente” ontdek het.

Uit en tuis: ’n e-pos uit Bahrein

Uit en tuis is ’n rubriek waar ons met mense gesels wat tans in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het. Vandeesweek gesels ons met Sigmar Rosenthal, ’n geskiedenisonderwyser wat tans in Bahrein woon. Hy deel ook ’n paar interessante feite oor Bahrein met ons.

AfriForum loods omvattende veldtog teen Onteieningswetsontwerp

“Ons kan nie toelaat dat die regering die mag kry om enige eiendom wat hulle wil net te gryp nie. Dus het AfriForum hierdie omvattende, multi-vlak veldtog geloods. Wetsontwerpe is al gestop in hul spore gedurende hierdie fase waar dit na die Raad van Provinsies en dan die president gestuur word vir goedkeuring, weens openbare of internasionale druk,” sluit Van Zyl af.

Onderneming in die Kollig: La Petite Patisserie

Dié week se onderneming in die Kollig is La Petite Patisserie in Zwijndrecht, Nederland.

La Petite Patisserie is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest