Leesvordering:

My goed en Sy goed

Des 13, 2021

Sommige dae word jy wakker en sommer nog so tussen die newels deur prewel jy al: “Here, help…”

Ander dae weer voel jy goed genoeg gerat vir die dag en verwag jy nie te veel aardskuddende momente nie, so die desperate gryp aan Sy kleed word net ‘n gemoedelike “Goeiemôre, Here.”

“Don’t divide your life into things you can do by yourself
and things that require My help.
Train your mind to seek My help continually,
even when you feel competent to handle something by yourself.”

Wanneer sal ek leer dat my spartelsoek na Sy Hand elke dag Hom nie moeg maak vir my nie?
Wanneer sal ek leer dat Hy nie minder van my dink omdat die oënskynlike ligte irritasies van die wêreld die vermoë het om my te laat lostorring nie?

Net omdat ek dit self kán doen, beteken nie noodwendig dis die beste manier nie.

As ek die mooiste dele van Wallis wil gaan verken, en my bestie beginne vertel van die keer toe sy toevallig op die pragtigste skulpstrandjie afgekom het, of die snoesige eetplek om die draai van die boekwinkel waar sy Afrikaanse boeke ontdek het, of die wandelpad op een van Snowdownia se koppies wat sy toevallig deur die ewige mistigheid raak-verdwaal het, dan word ek sommer lus om haar saam te vat!

My Beste Vriend wil nie maar net my phone-a-friend wees nie.

Hy wil elke oomblik van elke dag saam met my lag en saam met my huil, as dit moet.
Wanneer ek angstig raak, wil Hy Sy hand liggies oor my hare vryf en sê: “Haal asem.”
As ek die reuk van blomme vergeet, wil Hy my tot stilstand bring.
As groot besluite al hoe nader kom, wil Hy my op Sy rug tel sodat ek anderkant die skeiding van VOOR en NA kan sien.

Ek wil nie meer wag totdat die jy-weet-wat spat voordat ek Hom loop soek nie.

“Don’t be pulled in different directions
or worried about a thing.
Be saturated in prayer throughout each day,
offering your faith-filled requests before God
with overflowing gratitude.
Tell Him every detail of your life…”


Filippense 4:6 The Passion Translation

Vir my het hierdie vers nou ‘n daaglikse mantra geword, met min woorde vir makliker onthou.

U is God.
Ek is nie.
Dankie.

Jou inspirasie vir die week: Your presence is a promise

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: KuierKos

Onderneming in die Kollig: KuierKos

Hierdie week se kollig is op KuierKos in Nederland. KuierKos is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest