Leesvordering:

My storie, Sy storie

Feb 14, 2022

Baie vroeg een oggend lees ek ’n stuk oor Maleagi 2 en daar word verwys na Psalm 25:1.  Ek blaai soontoe, maar dit wil net nie vir my heeltemal sin maak nie. Want ek is by Jesaja 25:1 – halllooooooo!

En tog … dalk was ek veronderstel om die twee so saam te lees:

“Here, U is my God! Ek wil U prys en U Naam grootmaak.

U het asemrowende dinge gedoen; die dinge wat U lank gelede reeds beplan het,

het U stiptelik en volgens U woord uitgevoer.”

Jesaja 25:1 Die Boodskap

“Here, ek is heeltemal van U afhanklik. Ek kyk op na U.

My God, op U vertrou ek.”

Psalms 25:1, 2 Die Boodskap

Dit was asof die Here my (moeë, vergeetagtige, twyfelende) hart net weer wou herinner hoekom ek maar op Hom kan vertrou. Want die dinge wat Hy lank gelede reeds beplan het, het Hy stiptelik uitgevoer. Met die kreatiwiteit en volmaakte kennis wat slegs ’n Almagtige God kan hê.

Vat nou maar vir Jakob. Die profesie was dat Jesus uit die nageslag van Jakob gebore sou word.

Jakob se huwelikstorie begin met ’n sepie-intrige soos min.

’n Knoeierige skoonpa, ’n onvervulde liefde, en dan uiteindelik – ’n antwoord op sy hoop.

Maar die Here gebruik beide Jakob se teleurstelling en sy vreugde om Sy plan te volbring: Lea sou die ma wees van Juda, en Ragel die ma van Josef.

In Genesis 37 ontmoet ons vir Josef. Sou sy verhaal in die storielyn van vandag se draaiboekskrywers beland, sou die uiteinde tien teen een uitgeloop het op ’n bloedige einde vir die broers wat hom so verraai het.

Maar die Here het ’n plan.

Hy plaas vergifnis in Josef se hart en daar kom vrede.

So word Juda se lewe ook gespaar.

En die Redder van die wêreld word uit die bloedlyn van Juda gebore.

Ek kan nie eers begin om te dink wat alles agter die skerms aan die gang is in die storie van my eie lewe nie. 

Hoe die Here besig is om harte sag te maak,

deure oop te maak,

ander toe te maak,

sodat die voorspoed wat Hy vir my beplan,

tot uitvoer kan kom.

Dit is goed om te lees van al die asemrowende dinge wat Hy reeds gedoen het, beplan en stiptelik volgens Sy woord uitgevoer het.

Mag ek nooit vergeet dat my storie deel is van Sy storie nie.

“Ek wil die Here loof,

met alles wat in my is, wil ek Sy heilige Naam loof.

Ek wil die Here loof

en nie een van Sy weldade vergeet nie.”

Psalms 103:1 1983-vertaling

Jou inspirasie vir die week: Morning by morning

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest