Leesvordering:

’n Spraakterapeut praat oor tweetaligheid – Deel 3

Aug 24, 2022

Deur Sumari Erasmus

Vyf mites oor tweetaligheid

Mite 1: Om jou kind aan meer as een taal bloot te stel kan ’n spraakafwyking veroorsaak

Feit: Tweetaligheid kan nooit blameer word vir ’n spraakafwyking nie. Sou daar ’n spraakafwyking wees, sal dit nie net in die een taal voorkom nie, maar in albei tale.

Mite 2: Die aanleer van twee tale sal jou kind deurmekaar maak.

Feit: Tweetalige kinders mag moontlik die sinskonstruksie in tale verkeerdelik gebruik, maar dit beteken nie dat hulle verward is nie. 

Hulle kan ook verskillende woorde vanuit die verskillende tale wat gepraat word in dieselfde sin gebruik. Dit is algemeen in die ontwikkeling van tweetalige kinders. Teen die tyd dat ’n kind vier jaar oud is sal hy/sy verstaan dat die twee tale heeltemal verskillend is en hoewel hy/sy nog sy/haar tale sal meng, sal hy/sy uiteindelik leer om die verskillende tale te praat sonder om dit te meng.

Mite 3: ’n Kind sal nooit ’n tweede taal vlot kan praat as hy/sy dit nie op ’n jong ouderdom leer praat nie.

Feit: Navorsing toon dat ’n kind se brein soos ’n spons is die eerste drie jaar van sy/haar lewe – hy/sy neem alles in. 

Dit is omdat die brein gedurende hierdie tydperk baie vinnig ontwikkel en maklik inligting stoor. Ten spyte van hierdie bevindinge kan kinders en ouers steeds op ’n latere ouderdom ’n tweede taal aanleer en dit vlot praat.

Mite 4: Tweetalige kinders ondervind dikwels akademiese probleme wanneer hulle met skool begin.

Feit: Ten spyte van die misverstande rondom dié kwessie, is daar baie akademiese voordele daaraan verbonde om tweetalig te wees. 

Kinders wat tweetalig is, het dikwels beter probleemoplossingsvaardighede, kan verskillende opdragte gelyktydig uitvoer en beskik oor beter kognitiewe funksionering.

Mite 5: Kinders moet slim wees om tweetalig groot te kan word.

Feit: Enige kind kan tweetalig wees. 

Geen kind is meer “linguisties aangelê” as ’n ander kind nie. Dit kom alles op taalonderdompeling en konsekwentheid neer. Elke kind is daartoe in staat om twee tale te leer. Die besluit lê egter by jou as ouer om jou kind tweetalig te wil groot maak en dit konsekwent in julle lewens toe te pas.

Hierdie is die derde artikel in ons tweetaligheidstrilogie, geskryf deur Sumari Erasmus. Sy is ’n spraakterapeut, maar ook ’n Afrikaanse mamma in die buiteland. Sumari en haar gesin woon in Kanada. Sy het ’n doktorsgraad in spraak-taalterapie aan die Universiteit van Pretoria behaal en het ’n passie vir die behoud van Afrikaans.

Lees ook: Tien wenke om tweetaligheid in jou kind te bevorder – Deel 2

Hierdie artikel was oorspronklik geplaas deur Boekwurm.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest