Leesvordering:

Natuurhoekie – Pofadder noodgeval

Mar 10, 2022

Dalk het julle soos ek ook grootgeword met die spreekwoord dat die enigste goeie slang, ’n dooie slang is. Vandag weet ons gelukkig (of moet ek sê “hopelik”) van beter en beskerm waar moontlik ook slange omdat hulle ’n unieke rol in die ekosisteem speel.

Om dié rede was dit interessant om te lees van ’n pofadder wat onlangs noodbehandeling moes ontvang. Die slang is per ongeluk deur ’n bossiekapper getref toe personeel van die Rietvlei Natuurreservaat besig was om gras te sny. Die punt van haar stert is afgesny en daar was enkele diep snywonde oor haar lyf. Die personeel het haar gevang en na die Johannesburg Wildlewe Veeartsenykundige Hospitaal geneem. Slangkenner, Grant Fairley, is ingeroep om haar te hanteer en sy is verdoof deur ’n drup in die aar in haar stert te sit. Dit het ook gehelp om haar gehidreer te hou. Daarna is die wonde versorg. Sy sterk goed aan en eet reeds sonder hulp. Die steke waar die stertpunt afgesny is, is al uitgehaal en oor ’n paar dae kan sy weer vrygelaat word in die reservaat.

Die Johannesburg Wildlewe Veeartsenykundige Hospitaal behandel inheemse wildlewe gratis en is van donasies afhanklik om hierdie wonderlike diens te kan lewer. Hulle behandel nie vee of troeteldiere nie en verklaar dat geen enkele pasiënt van hulle ’n eienaar het nie.

Pofadders is verantwoordelik vir die meeste slangbytsterftes in Afrika. Dit is onder meer daaraan toe te skryf dat hulle nie besonder vinnig is nie en hulleself baie goed kan kamoefleer. Mense sal dus maklik op hulle trap of gaan sit, en omdat pofadders aggressief is, sal hulle dan gewoonlik aanval, in plaas van vlug. Hulle is ook nie menssku nie en kom wyd oor die kontinent en algemeen in hoogbevolkte streke voor.

Is daar slange waar julle woon? Het julle dalk al noue ontkomings gehad? Vertel ons asseblief.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest