Leesvordering:

Naweek Nadink: Reise na herinnering

Sep 19, 2018

Ek moes ná 14 jaar in Londen myself met verskeie vreemde verskynsels hier in Suid-Afrika vereenselwig. Ek was onder geen romantiese illusie oor wat en wie Suid-Afrika en Suid-Afrikaners geword het in 14 jaar van ons verblyf in Engeland nie. Ek was deeglik bewus van die ekonomiese en politiese uitdagings – en het ten spyte daarvan uit eie keuse besluit ons kom terug. Ek is egter verward oor my ervaring van Afrikaanse Suid-Afrikaners.

Ek weet identiteit kan soos ’n lemoen afgeskil word. Ek ervaar ook magteloosheid as daar ’n onvermoë is om my werklik te hoor, en frustrasie oor die invloed van landswette en die ekonomie op entrepreneurs en werknemers. Ek wil egter die ander kant aanraak.

Ek onthou hoe ons trots Afrikaans gepraat het, en Engels iets was wat beperk was tot die vak Engels op skool. Onthou Chris Barnard wat die eerste hartoorplanting gedoen het. Die C.J. Langenhoven-aanhalings, en die Ruperts se vermoë om welvaart uit niks te skep nie. Ek onthou die samehorigheid Dinsdag- en Donderdagaande as die hele land tot stilstand gekom het vir Afrikaanse TV-programme. Almal kyk dan Transkaroo en Agter elke man. Of wie onthou nog Ballade vir ’n enkeling? Ons was onbeskaamd deel van ’n konteks of ’n milieu.

Wat ek vreemd vind, is dat Afrikaners wegskram van onthou. Ek wil Afrikaners graag aanmoedig om weer te onthou. Onthou die goeie sonder verwyt of spyt. Ons mag onthou sonder om skaam te wees. Ons mag onthou en trots wees. Ons praat Afrikaans. Ja, daar het slegte goed gebeur. Maar waarom lig ons nie weer ons kop op en praat oor die verlede se goeie helde of baanbrekers sonder om eksklusief te klink of ’n spesifieke ras daaraan te koppel nie? As jy sonder spyt kan onthou, is jy gewortel.

Ek het met Jak de Priester gesels oor die sakemodel van ’n vermaaklikheidster en gefokus op sy program Reis na Gister. Jou herinneringe anker jou wortels aan ’n identiteit. Ons hoef dit nie weg te wens nie. Winston Churchill het gesê: “If we open a quarrel between past and present, we shall find that we have lost the future.”

ONTHOU!

Luister hier na my nuutste onderhoud met Jak de Priester.

Klik hier en kry my eBoek 52 GRATIS!

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest