Leesvordering:

Nuut by LAPA in Junie

Jun 4, 2020

LAPA is trots om gratis e-boeke oor Covid-19 beskikbaar te stel in Afrikaans, Zoeloe en Xhosa. Dié boeke is gemik op kinders. Skakels na die Engelse tekste word ook verskaf.

Daar is nóg ’n rede om baie trots te wees: Romanza, ons oulike kleinsus, word 15 jaar oud in Junie.

Ons bied ook ’n uitstekende roman oor ’n plaasaanval en vir leergierige jongelinge is daar ’n puik boek oor die wetenskap; vir hulle ouers is daar ietsie meer stomend om grendeltyd so ’n bietjie woema te gee.

FIKSIE

The Farm

Max Annas

Crime Fiction

Imprint: Catalyst Press

9781946395221

R270,00

Plaasaanvalle is ongelukkig iets té gereeld gebeur. Waarom? Daaroor stry die politici, maar niemand kan ontken nie: Magshonger mense met outomatiese wapens saai té gereeld verwoesting wanneer hulle op ’n afgeleë plaas toeslaan; die statistiek word sagter gestel om waarhede te verdoesel.

In hierdie sonderlinge riller neem Max Annas jou in die huis in wat onder beleg is. Vir agt ure lank baklei die oorlewendes terug, wit en swart, baas en werker, almal.

Die kinders is bang. Onskuldige mense sterf.

Wie gaan oorleef?

Max Annas het jare lank in Suid-Afrika gebly, hy ken die Oos-Kaap waar hierdie gebeure afspeel. Al is die boek in Duitsland voltooi, is die situasie eg en ontstellend relevant. Gelukkig word hierdie boek ook in Duitsland en in Noord-Amerika versprei.

Agter grendels

Erla-Mari Diedericks

E-rotika

Druknaam: Wenkbrou

https://lapa.co.za/agter-grendels-eboek

R49,00

Emmanuel sal altyd haar kryptonite wees. Hy was eens haar beste vriend, maar hulle het uitmekaargedryf ná ’n insident op Stellenbosch. Nou herken Natasja nie die Emmanuel wat ’n bekende fotograaf in New York is nie. Sy herken nie die man wat sy bed met die een model na die ander deel nie. Wanneer Emmanuel by sy suster, Natasja se huismaat, in Suid-Afrika kom kuier, gryp die noodlot en Covid-19 in: hy en Natasja moet vir ’n maand lank onder dieselfde dak leef. Hulle kan nie langer die verlede en die aantrekkingskrag tussen hulle ignoreer nie. Kan ’n verkeerde besluit in die verlede oorkom word? Haar ekskêrel sal enigiets doen om haar terug te wen, maar Natasja het haar hart agter slot en grendel geplaas. Sal Emmanuel haar hart kan oopsluit? Net die tyd sal leer. En tydens die inperking is tyd al wat hulle het!

Nie vir kinders of preutse lesers nie.

NOU IN DRUK

Danksy Covid-19 was daar ‘n vertraging in die lewering van boeke aan winkels. LAPA kondig trots aan dat hierdie boeke nou verskeep word, hulle sal binnekort op jou gunstelingwinkel se rak wees. Bestel joune solank by hulle!.

Kanaän, Sophia Kapp, Historiese roman, 9780799399455,

As dit voel soos liefde, Didi Potgieter, Romanse, 9780799399424

Skadumagte, Malene Breytenbach, Krimi, 9780799396058

Die klein boek van fantastiese feite, Fanie Viljoen, 9780799389340

Die klein boek van gruwelike geheime, Fanie Viljoen, 9780799389463

Die klein boek van katastrofiese kattekwaad, Fanie Viljoen, 9780799389784

Die klein boek van reuserekords, Fanie Viljoen, 9780799391282

KINDERBOEKE

Weet hoe met wetenskap

Robert Winston

Niefiksie

Ouderdom: 9+

9780799397789

R260,00

Verdiep jou in die opwindende wêreld van die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde wat in 25 lekker maklike projekte gekombineer is.

Weet hoe met wetenskap sal jou leer hoe om indrukwekkende isoleerhandskoene, verstommende spaghettitorings en baie meer te vervaardig.

Eenvoudige stappe met foto’s sal jong lesers deur elke eksperiment lei. Elke projek bevat ook belangrike wenke en interessante feite oor die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en die wiskunde daaragter. Die teks vertel ook hoe die eksperimente in die werklike wêreld toegepas word.

Weet hoe met wetenskap is ’n puik boek om die inperking te help klop.

COVID-19: WEES INGELIG

Koronavirus: ‘n boek vir kinders

Elizabeth Jenner, Kate Wilson and Nia Roberts

Illustrasies: Axel Scheffler

9780799397864

Gratis: https://lapa.co.za/koronavirus-n-boek-vir-kinders-eboek

Daar’s ’n nuwe woord wat jy dalk gehoor het. Dié woord is die rede waarom jy nie skool toe gaan nie. Dit is die rede waarom jy nie so gereeld buitentoe kan gaan of by jou maats mag gaan kuier nie.

Nosy Crow het dié boek blitsvinnig saamgestel om kinders en hul gesinne se behoeftes aan te spreek. Dit is geskep deur Elizabeth Jenner, Kate Wilson & Nia Roberts. Die konsultant was professor Graham Medley, spesialis in die modellering van aansteeklike siektes aan die Londense Skool vir Higiëne & Tropiese Geneeskunde. Die boek is geïllustreer deur Axel Scheffler en in Afrikaans vertaal deur Jaco Jacobs.

Tippie-masker

9780639601236

R72,00

Tippie wil hê jy moet veilig bly tydens COVID-19! Die welbekende en geliefde Tippie-karakter is op hierdie masker gedruk. Dit kan by verskeie boekwinkels gekoop word.

ROMANZA

Romanza verjaar in Junie en word 15 jaar oud. Om hierdie meisiekind met haar rooi hakskene te vier, het LAPA dit goed gedink om die heel eerste vier Romanzas wat ooit verskyn het, weer uit te gee.

Dié lekker tekste sal binnekort as e-boeke te koop wees: https://lapa.co.za/eboeke

Weens Covid-19 is sal die papierboeke eers later in Juniemaand aan die winkels gelewer kan word.

Op soek na ’n held

Chanette Paul

Druknaam: Romanza

Sy aanbod is aantreklik, maar kan sy bekostig om haar hart ook te verloor?

Kiara, ’n suksesvolle skrywer van liefdesromans, se bankbalans lyk beroerd, haar ryding is onbetroubaar, haar persiese kat, Skat, stel haar gedurig in die verleentheid en sy kry nie ’n held vir haar vurige heldin geskryf nie.

Haar geheimsinnige buurman lyk dalk soos ’n held, het die naam van ’n engel, maar vir Kiara is hy eerder ’n kruising tussen Attila die Hun en die duiwel self. Sy vermoed ook dat hy haar hipnotiseer. Hoekom anders sou sy sy werksaanbod aanvaar? Veral ’n aanbod wat heeltemal teen haar beginsels is …

’n Perfekte paartjie

Kristel Loots

Romanza

Philip Marais is suksesvol en besig, besig, besig. Tyd is geld en geld is belangrik as hy, anders as sy pa, na sy gesin wil omsien. Maar Nandi vra meer van hom – sy wil ’n pa vir Buks hê en ’n man se lyf langs hare in die dubbelbed. Tog sou sy nooit kon raai dat dit op ’n egskeiding sou uitloop nie.

Soms moet ’n ma doen wat ’n ma moet doen, maak nie saak hoe impulsief dit is nie. Maar Philip het blykbaar aanbeweeg, want daar is ’n melktert in die yskas en ’n paar pers pantoffels met tossels onder sy bed.

Nandi wil nie hê Buks moet sonder sy pa grootword nie, en sy wil ook nie hê ’n ander vrou moet aan haar kant van die bed slaap nie. Sy sal ’n plan moet beraam om vir Phillip te wys dat hulle ’n perfekte paartjie is …

Die Ier se ultimatum

Nelia Engelbrecht

Romanza

Hy lyk soos ’n Keltiese kryger en aanvaar nie “nee” vir ’n antwoord nie

Brian O’Connor is ’n man wat weet wat hy wil hê én hoe om dit te kry. Hy draai elke vrou om sy pinkie, maar het niemand nog toegelaat om sy hart in te palm nie – totdat hy die beeldskone Misha Malan ontmoet. Misha staal haar teen die betowerende uitwerking wat hierdie charismatiese Ier op haar het. Maar dis moeilik, want hulle moet in ʼn huis op Mauritius saam met ses ander deelnemers aan ʼn realiteitsprogram deel. Die prysgeld is ’n halfmiljoen dollar en agt weke is lank …

’n Man vir Mia

Vita du Preez

Romanza

Hy is arrogant, onkonvensioneel, dodelik aantreklik en ’n rokjagter …

Rob Kellerman trek vroue soos ’n magneet na hom toe aan. Almal sê dit gaan nog sy ondergang beteken. Boonop is hy suksesvol en skatryk. Hy maak sy eie reëls en toe hy besluit dat Mia Retief vir hom moet kom werk, is dit ’n gedane saak. Mia is vasbeslote om nie vir hom te val nie. Maar dit is makliker gesê as gedaan aangesien sy daagliks in sy geselskap is. Haar uithouvermoë word elke minuut beproef, want Rob is ’n meester in die kuns om werk en plesier te meng.

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest