Leesvordering:

Reis visumvry hierheen

Nov 8, 2023

Deur Alize Scholtz

’n Visum word deur ’n land toegestaan aan ’n buitelander wat hulle toelaat om sy grondgebied binne te gaan, binne te bly of te verlaat. Die woord ‘visa’ is afgelei van Latyns charta visa, wat vertaal kon word as “geverifieerde papier” of meer letterlik, “’n papier wat gesien is.”

Die heel eerste keer wat daar verwys was na iets wat soos ’n visum beskou kon word, is in die Bybelboek Nehemia. Dit speel af ongeveer 450 v.C. en ’n profeet vra vir koning Artasasta vir briewe wat hy aan goewerneurs in Wes-Eufraat kan wys, sodat hulle hom vrye deurgang kan gee tot in Juda. Hierdie briewe het as ons moderne visum gedien. Met ’n stukkie papier wat geverifieer is, kon hierdie profeet ’n veilige deurgang na ’n ander land kry wat andersins nie moontlik sou wees nie.

Voor die Eerste Wêreldoorlog was ’n visum nie nodig om jou land se grens te oorskry nie. Dit was moontlik om byna enige plek in die wêreld te reis sonder amptelike dokumente en papierwerk. Baie vrese het egter ná die oorlogstyd daartoe gelei dat wette ingestel is wat paspoorte en ander papierwerk vereis wat ’n persoon se burgerskap en sy of haar reg om na die buiteland te reis bevestig. Tot op daardie tydstip was paspoorte en visums gewoonlik dieselfde tipe reisdokumente. In die moderne wêreld het visums afsonderlike sekondêre reisdokumente geword, met paspoorte wat as die primêre reisdokumente optree.

As al hierdie administrasie en papierwerk vir jou na inspanning en moeite klink, is dit omdat jy reg is. Daar is baie goeie redes hoekom party lande die vloei van besoekers moet kontroleer om immigrasie of ander kriminele aktiwiteite te voorkom. Gelukkig is daar meer as 100 lande wat visumbeleide en -ooreenkomste met Suid-Afrika in plek het. Dit laat ons burgers toe om vrylik tussen hierdie lande te reis sonder dat ’n visum nodig is. Hierdie ooreenkomste tussen nasies sluit natuurlik vir ons baie voordele in:

Wanneer jy sonder ’n visum toegang tot ’n land het, hoef jy nie lang visum-aansoekvorms in te vul om toegang te verkry nie. Wuif totsiens vir al daardie bykomende dokumentasie, soos ondersteuningsbriewe van vriende en werkgewers, afskrifte van bankstate en meer. Jy kan ook die ekstra koste spaar. Hetsy jy reis vir plig of plesier, die aansoek om ’n standaardvisum kos geld. As jy sonder ’n visum kan reis, hoef jy nie hierdie bykomende koste te betaal vir elke persoon saam met wie jy reis nie. Om visumvry te reis kan jou dae of weke se vooruitbeplanning spaar. Jy het dus nie nodig om so ver vooruit te beplan nie en dit laat jou toe om reg oor die wêreld op die ingewing van die oomblik te gaan. So, pak jou tas met gemak, jou volgende reis begin hiér.

Suid-Afrikaanse paspoorthouers kan sonder ’n visum na meer as 100 lande en gebiede reis. Neem egter kennis dat jy steeds ’n geldige paspoort moet hê al kan jy visumvry na hierdie lande gaan.

Afrika

Angola
Benin
Botswana
Burundi**
Comore
Eswatini/Swaziland
Gaboen
Gambië
Ghana**
Guinee-Bissau**
Kaap Verde**

Kenia
Lesotho
Madagaskar**
Malawi
Mauritanië**
Mauritius
Mosambiek
Namibië
Réunion
Rwanda**
Senegal**

Seychelle**
Sierra Leone**
Sint Helena**
Somalië**
Tanzanië
Togo
Tunisië
Zambië
Zimbabwe

Amerikas

Antigua en Barbuda
Argentinië
Belize
Bolivia**
Brasilië
Chili
Costa Rica

Ecuador
El Salvador
Falkland-eilande
Guatemala
Guyana
Honduras
Nicaragua

Panama
Paraguay
Peru
Suriname
Uruguay
Venezuela

Asië

Filippyne
Hong Kong
Indonesië**
Kambodja**
Kirgistan**
Laos**

Macao
Maldive**
Maleisië
Nepal**
Oos-Timor**
Pakistan

Singapoer
Sri Lanka**
Suid-Korea
Thailand

Europa

Georgië
Ierland

Kosovo
Rusland

Karibiese Eilande

Bahamas**
Barbados**
Britse Maagde-eilande**
Kaaimanseilande**
Dominica**

Dominikaanse Republiek**
Grenada**
Haïti**
Jamaika**
Montserrat**

St. Kitts en Nevis**
St. Lucia**
Trinidad en Tobago**
Turks- en Caicos-eilande**

Midde-Ooste

Armenië**
Jordanië**
Israel

Palestina
Katar

Saoedi-Arabië*

Oseanië

Cookeilande
Fidji
Kiribati

Marshalleilande**
Mikronesië
Niue

Palau
Tuvalu**
Vanuatu

** Lande kan deur Suid-Afrikaners besoek word sonder om ’n visum vooraf te bekom. ’n Visum sal egter met jou aankoms by die lughawe toegestaan word. Dit word deur die besoekende land uitgereik aan buitelandse burgers wat ’n visum benodig om die land binne te gaan, maar vereis nie dat hulle voor die reis aansoek hoef te doen nie.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest