Leesvordering:

Onderneming in die Kollig : New Forest Bikes

Jul 13, 2022

Hierdie week se onderneming in die Kollig is New Forest Bikes in Lymington, Engeland.

Om deur die pragtige New Forest en Solent-area fiets te ry is vir ons ’n passie wat vir ons die inspirasie gegee het om dit met ons kliënte te deel. Omdat ons gereeld al hierdie pragtige plekke besoek, wil ons graag hê ander mense moet dit ook kan ervaar.

Ons is in ’n unieke klein winkeltjie in die prentjiemooi Quaystraat in Lymington geleë. Ons maak gebruik van bekende fietsryhandelsmerke om ’n gehalte-ervaring te bied.

Kom ervaar een van ons pasgemaakte fietsrypakkette:

FOTOSESSIE-FIETSRITTE

Met ons professionele fotograaf wat saamgaan, sluit hierdie opsie foto’s in van jou rit en ons kan selfs ’n fotosessie vir paartjies of gesinne reël in ’n mooi deel van die woud. Die professionele foto’s sal in elektroniese formaat aan jou verskaf word sodat jy jou New Forest-fietsryoomblikke nog lank daarna kan onthou.

“RETREATS”

Dit is tyd om weg te kom van die gejaag en ons het ritte wat spesiaal vir hierdie doel ontwerp is. Op so ’n dag in die buitelug sal ons gids jou na die mees afgeleë plekke in die woud neem. Ons stop onder andere langs rustige waterstroompies en plekke waar die pragtige natuurskoon van die woud sigbaar is sodat jy rus vir jou siel kan kry.

“SURF & TURF”-FIETSRY-ERVARING

Kom beleef die fantastiese woud op ons topgehalte fietse op ons gewilde Surf & Turf-roete. Daar is niks soos fietsry deur die New Forest nie.  

TOERGIDS

Is jy nuut in die omgewing? Ons vriendelike gids sal vir jou al die beste roetes wys en jy kan net ontspan en die natuurskoon bewonder sonder om bang te wees dat jy verdwaal. Ons gidse kan saam met jou ry of op ’n afstand bly, maar is altyd gereed om vrae te beantwoord. Dit is ’n lekker manier om minder bekende areas te ontdek.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die Wêreldgids beskik tans oor meer as ’n 1 000 ondernemings, van Afrikaanse dokters in Nieu-Seeland tot biltongwinkels in Londen.

Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest