Leesvordering:

Onderneming in die kollig: The Advice Studio

Okt 26, 2021

Wêreldwyd se Wêreldgids skep ’n suksesvolle netwerk om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun.

Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net vir ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Die Wêreldgids het tans meer as ’n duisend ondernemings, van prokureurs in Nieu-Seeland tot ’n Suid-Afrikaanse restaurant in Texas.

Hierdie week se onderneming in die Kollig is The Advice Studio in Australië.

The Advice Studio werk saam met jou om vir jou helderheid te gee oor jou persoonlike doelwitte, finansiële sake en lewensfasebeplanning.

Soos wat die lewe verander, moet ’n mens ook aanpas om te verseker dat jy nie agter raak nie. Ons dienste help jou om jou persoonlike lewensdoelwitte te ontdek, jou finansiële sake onder die mikroskoop te plaas, saam met jou te werk om oplossings te vind, en om strategieë in werking te stel om dit te bestuur. En die belangrikste: om in beheer te bly terwyl jy die verskillende fases van jou lewe binnegaan.

Ons verskaf raad aan mense regoor Australië en doen dit ook graag in lekker Afrikaans. Ons help hulle met lewensversekering, pensioenfondse, beleggings, aftreebeplanning en nog meer.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest