Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: The Hive at Little Eeden – Café and Venue

Mar 22, 2023

The Hive at Little Eeden – Café and Venue bied Australiese gasvryheid met ’n plattelandse atmosfeer! Bring die kinders en die honde saam.

The Hive at Little Eeden – Café and Venue is ongeveer 70 km buite Perth in Mooliabeenee. Hier kan jy wakker word met die geluide van die bos en plaasdiere. Jy kan elke oggend ontwaak met die klank van hane wat kraai. Diereliefhebbers kan ’n eenstop-kampervaring hier kom geniet – jonk en oud.  

Hier is pragtige natuurskoon in die omgewing en die kamparea is omring met dennebome en plat grasareas. Die kampterrein is geskik vir kampeerders wat selfversorgend is, met beperkte toegang tot ’n stort en toilette.

Little Eeden is ’n werkende plaas met plaasdiere en The Hive Café and Venue op die perseel!

Mense kan gratis heuning proe en ons heuningprodukte is hier te koop.

Ons bedien ligte etes en drankies. The Hive is ’n unieke plaasvenue vir klein intieme troues en funksies. Gaste kan binne sit (in ons café-area) of buite (tussen die dennebome of lowerryke grasperke). Ons maak gebruik van plaaslike produkte en kan die funksie volgens jou voorkeur aanbied. The Hive is ’n troeteldiervriendelike venue. Honde aan ’n leiband word toegelaat in die buitenste gedeelte van ons café.   

The Hive at Little Eeden – Café and Venue is gratis op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Die Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Tans beskik die Wêreldgids oor meer as 1 000 ondernemings, van Afrikaanse dokters in Nieu-Seeland tot biltongwinkels in Londen.

Netwerke is meer as net ondernemings; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Kontak The Hive at Little Eeden – Café and Venue

Klik hier om The Hive at Little Eeden – Café & Venue se Facebook-blad te besoek.
Klik hier vir The Hive at Little Eeden – Café & Venue op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest