Leesvordering:

Ons sal SELF!

Des 2, 2020

Uitdrukkings soos “doodkry is min” en “’n Boer maak ’n plan” is al geykte sêgoed in die Afrikaanse taal, maar met rede – want dit is die waarheid. Wanneer dit by die uithou-, aanhou- en voortbou-gees van Afrikaners kom, is daar g’n gelyke nie. Daarom juis dat wanneer dit kom by aanvalle op sake wat die Afrikaner na aan die hart lê (soos taal, onderwys en identiteit) is die natuurlike reaksie een van opstaan, helpmekaar, terugveg én selfdoen.

In sy nuwe boek Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika (nou beskikbaar by Kraal Uitgewers) slaag dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, daarin om die emosies van hedendaagse Afrikaners treffend te verwoord. Hy wys op die maniere waarop die Afrikaner al in sy verre én onlangse verlede op sy knieë gedwing was, maar weer opgestaan het. In dié bundel, met sy meer as twintig ope briewe wat oor die afgelope paar jaar gepubliseer is, word uiteenlopende temas gedek – vanaf raskwessies en COVID-19-inperkingsregulasies tot Afrikanerskap en taal. Tog loop daar ’n goue draad regdeur die boek, naamlik die Afrikaner se luide uitroep: “Ons sal self!”

In sy briewe neem Hermann telkens standpunt in teen die onderdrukkende boeliegedrag van die Suid-Afrikaanse regering, maatskappye én individue teenoor Afrikaners. Dit bied ook ’n blik op die uitdagings wat dié gemeenskap reeds die afgelope paar jaar in die gesig staar.

“Ons kan nie meer op die regering staatmaak nie. Ons sal self. Ons gaan mekaar help in ’n verbintenis met mekaar – ’n nuwe Helpmekaar. Die krag van die gemeenskap is sterker as die mag van die regering. Ons het al, en ons sal weer,” skryf Hermann in die titelbrief “Ons sal self”.

Die briewe is nie polities korrek nie, pas nie getrou by die staatsideologie in nie, aanvaar nie die kriminalisering van Afrikaners se geskiedenis nie en daag ook die rasideologie van die regerende party uit.

Volgens die uitvoerende hoof van Maroela Media, Susan Lombaard, is hierdie stel briewe “enersyds ontstellend oor die brutale eerlikheid daarvan, en andersyds bemoedigend oor die uitkomste wat dit meestal bewerkstellig. Die pen blyk inderdaad magtiger as die swaard te wees.”

Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika is pas bekendgestel en nou hier beskikbaar in Kraal Uitgewers se e-winkel teen slegs R180.

 

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest