Leesvordering:

Wat kan jy op Erfenisdag doen om te wys hoe trots jy is?

Sep 22, 2022

Kultuur en taal is iets wat mense oor landsgrense heen saambind. Dit is ’n gedeelde stel waardes wat sê “Dit is wie ek is”. Identiteit, soos ’n taal, is iets wat jy kies deur dit op te neem en jou eie te maak. Wees jouself; wees Afrikaans; wees ’n Afrikaner!

Wat kan jy op Erfenisdag doen om te wys hoe trots jy is, of sommer net wanneer jy oorweldig word met die mooi van jou eie kultuur? Hier is ’n paar idees:

Praat suiwer Afrikaans

Trek die woordeboek nader en leer vir die volgende tien dae elke dag ’n nuwe Afrikaanse woord! Dit is ook ’n lekker speletjie saam met jou kinders en ’n beproefde wyse om jou algemene kennis te verbreed!

Afrikaans is so uniek soos sy sprekers. Die taal is geskep uit die ontmoeting van die talle tonge wat Suid-Afrika as ’n land op die been gebring het. Die invloede uit Engels, Portugees, Nederlands, Frans en nog vele meer het aan die taal rowwe r’e en growwe g’s geleen. Dit is dié klanke wat die Afrikaner na aan die hart lê. Dink byvoorbeeld aan woorde soos kolwyntjie, ligsinnigheid, skitterend en geluksalig. Waar anders sal jy ’n kombinasie van komplekse klanke kry wat ’n onderwerp so eenvoudig soos ’n cupcake beskryf?

Gaan kyk gerus na ons lys van 12 Afrikaanse woorde wat net Afrikaanssprekendes sal verstaan!

Dra ’n Afrikaanse T-hemp

Dra jou identiteit op jou mou en stoot jou bors trots uit met ’n Afrikaanse T-hemp wat jou liefde vir jou taal wys. Wêreldwyd dra kultuurgroepe gereeld tradisionele drag, maar as jy nie so ver wil gaan nie, kan jy bloot ’n T-hemp dra wat wys dat jy Afrikaans is.

Hou ’n Afrikaanse fliekaand

Familietyd, springmielies en ’n gehalte- Afrikaanse film – dit wys jou kinders dat Afrikaans deel is van die gesin en leer hulle die gewoonte om goeie Afrikaanse kunste te geniet.

Maak ’n familieresep

As jy huis toe verlang of elders in die wêreld is, is dit altyd lekker om ’n ou kookboek uit te haal en ’n gunstelingfamilieresep op die proef te stel. Die vermoë wat kos het om mense bymekaar te bring is onmiskenbaar. Dink aan ’n Sondagmiddag by ouma se huis. Die geselligheid van die kos voorberei is amper so lekker soos haar dadelvingers as nagereg.

Leer jou kinders van die geskiedenis

Die grootste bydrae wat jy kan maak as jy iets vir jou taal en kultuur wil doen, is om moeite doen om geskiedenisverhale te ken en aan jou kinders oor te vertel. ’n Goeie begin is iets soos Die Groot Heldeboek. Kweek by hulle ’n liefde vir hul geskiedenis en versamel bronne wat die geskiedenis akkuraat saamvat. Die geskiedenis van Afrikaners is vol helde en heldinne, groot uitdagings wat oorkom is en bemoedigende stories. Besoek AfriForum Uitgewers vir geskiedenisbrokkies en geskiedenis publikasies.

Raak betrokke

As mens oorloop van trots kan jy nie anders as om dit ook te beskerm en uit te bou nie. As jy in die buiteland is, kan jy by Suid-Afrikaanse netwerke betrokke raak – en natuurlik by AfriForum Wêreldwyd. Jy kan by Vriende van AfriForum aansluit, Maroela Media lees en deel word van die Solidariteit Beweging. Luister Pretoria FM oor die internet of kyk na Afrikaanse inhoud van verskeie genres op AfriForumTV en teken in op nuusbriewe sodat jy op hoogte van alles Afrikaans bly!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest