Leesvordering:

Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika en wat is die één ding wat jy wens jy in jou tas kon pak toe jy geëmigreer het?

Feb 7, 2024

AfriForum Wêreldwyd het onlangs die vraag aan ons Wêreldwyd-vriende gevra. Die meeste mense was dit eens dat hulle hul familie en vriende sou wou saamvat, aangesien die verlange vreeslik erg is. Ons het verder ’n lys opgestel van ’n paar ander dinge wat mense die meeste mis en wens hulle in ’n tas sou kon pak en saamvat.

  1. Sjoe, dis een kolossale vraag met ’n lys wat so lank soos my arm is!  Kan ek die Bosveld, die warm son, Suid-Afrika se lekker kos en familie wat nog daar woon in my tas pak? – Marcel de Beer, Bury St Edmunds

  2. Ek mis my familie natuurlik, ek mis petroljoggies (om in temperature van -20° C petrol in jou kar te gooi raak KOUD), ek mis dit om 500 km te ry en deur drie tot vier provinsies te ry. Ek mis Afrikaans praat in die supermark en om elke Sondag ná kerk die hele dorp in Spar raak te loop. Ek wens ek het meer Afrikaanse boeke ingepak, ek wens ek het al my proteadekor ingepak, en ek wens ek het al my driepootswartpotjies ingepak. – Magdel Jansen van Vuuren, Kanada

  3. Die reuk van braaivleisvure, braaibroodjies, en om te kan swem op ’n warm dag. Ek het in trane uitgebars toe my ma vir my ’n boksie Ultramel-vla gestuur het. Mrs. Balls-blatjang en Wellington’s Sweet Chillisous is goud in ons huis. Ek wens ek kon my hele gesin in my tas pak. Die verlange is party dae baie erg. Ons mis Sondae se braai en stoepkuiers saam met die familie en die Suid-Afrikaanse humorsin en tale. Ek mis dit om Afrikaans, Zulu, Sotho en isiXhosa te hoor. – Dorette Vermeulen, Londen

  4. Al wat ons regtig mis, is ons families wat ons natuurlik meer sal wil sien. Maar hier is alles wat ons nodig het en omdat ons gereeld Suid-Afrika toe gaan, kry ons alles waarvan ons hou daar. Goed soos Old Khaki-hemde, Puma-vellies en natuurlik goed van alle vrouens se gunsteling, Woolies. – Gerhard van Eeden, Ierland

  5. Biltong, boerewors, Ouma-beskuit en Bovril. En Spray and Cook. En ek mis my skooltjie, die kinders en hul ouers wat soos familie is. Ek mis gratis toilette. Hier betaal jy vir alle openbare toilette, selfs in die inkopiesentrums en by McDonald’s. – Jolene Harley, Bavaria, Duitsland

  6. Die diep verlange na gesprekke met mense wat jy al van kindsbeen af ken of koffie saam met my ma verlang ek die meeste na. Video-oproepe en oproepe bring jou ook net so ver en ons het vinnig geleer dat ’n glimlag op ’n video-oproep nie noodwendig beteken alles gaan goed aan die ander kant van die lyn nie. Voorgee is baie makliker.

    Daar is niks wat ek eintlik ekstra sou wou inpak nie, behalwe twee van my honde wat by familie woon. – Alecia Odendaal, Nederland

  7. Die moontlikheid om almal om jou te verstaan en besigheid of persoonlike goed te kan doen sonder vertalingsagteware of moontlike misverstande. Die een ding wat ons wel sou wou saamvat, is spesifieke kos of smake insluitende sout-en-asyn-skyfies, vars seekos, en ’n oneindige voorraad van biltong en boerewors. Alhoewel ons op tye self biltong hier gemaak het en aan ons kollegas verskaf het (hulle was baie beïndruk). – Carmen Ebersohn, Bishkek, Kyrgyzstan

Wat is die een ding wat jy wens jy in jou tas kon pak toe jy geëmigreer het? Ons wil van jou hoor, laat weet ons in die kommentaar of stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za.

Foto: Freepik/DC Studios

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest