Leesvordering:

Aandag: Almal wat geliefdes het wat in die buiteland woon

Jun 2, 2016

Wêreldwyd is ‘n  inisiatief van AfriForum om nuus en inligting uit te ruil onder Suid-Afrikaners wat gelukkig in die buiteland woon; of mense wat daar gewoon het en terug in Suid-Afrika is; of mense wat steeds buite die grense van die land woon, maar eendag wil terugkeer.

Volgens Sue-Ann de Wet, AfriForum se projekkoördineerder vir Suid-Afrikaanse Diaspora, is Wêreldwyd vir elke Suid-Afrikaner wat tans in die buiteland woon en graag in voeling wil bly met die land. “Die inisiatief behels ‘n webtuiste wat mense help om op hoogte te bly met nuusgebeure in Suid-Afrika. Hier kan hulle ook betroubare advies kry, sommer net saamkuier, hul ervarings deel en meer vertel oor die interessante plekke waar hulle woon en werk. Die Wêreldwyd-span het deeglike navorsing gedoen oor wat vir Suid-Afrikaners in die buiteland belangrik is en dit is juis dié inligting wat op die webtuiste beskikbaar is. Dit sluit in aktuele plaaslike nuus, bydraes – foto’s en stories – van Suid-Afrikaners wat op interessante plekke in alle uithoeke van die aarde woon, asook ‘n enig-in-sy-soort Wêreldgids,” het De Wet gesê.

In die Wêreldgids kan mense inligting uitruil oor waar eg Suid-Afrikaanse produkte in die verskillende lande te koop en beskikbaar is. Enigiets van biltong, Ouma-beskuit, tradisionele blatjang tot restaurante wat Suid-Afrikaanse kos voorsit en selfs dienste kom in die gids voor. Die gids het ten doel om mense wat in die buiteland vreemd voel, te help om ander Suid-Afrikaners te ontmoet en terselfdertyd hul ondernemings te ondersteun. Suid-Afrikaners in die buiteland kan hul ondernemings gratis in die Wêreldgids laat opneem.

Wêreldwyd het ook ‘n gratis weeklikse nuusbrief waarop mense kan inteken by wereldwyd@afriforum.co.za.

Wat bied die nuusbrief, Kollig?

  • Die jongste nuus uit Suid-Afrika: Maroela Media verskaf gratis Afrikaanse nuusberigte.
  • Nuus van buite Suid-Afrika: van vars nuus wat plaasvind tot feeste en bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars wat elders optree.
  • Migrasienuus: belangrike inligting oor burgerskap, paspoorte, belasting en so meer.
  • Blogs deur emigrante.

Daarbenewens is Wêreldwyd se Facebook-blad ‘n baie gewilde interaktiewe kuierplek vir alle Suid-Afrikaners, plaaslik en die buiteland.

Wêreldwyd wil vir jou die platform skep om saam met ander Suid-Afrikaners regoor die wêreld te kuier, soos net Suid-Afrikaners kan.

Familie en vriende se e-posadresse kan gestuur word aan wereldwyd@afriforum.co.za

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest