Mamma Mia, son en see

In Blog

deur Pieter de Lange

“Ek wil tog nie in die wind en reën trou nie,” het my dogter René ons destyds laat verstaan. Dis vir ons Suid-Afrikaners wat in die VK bly nogal ’n dilemma wanneer ons kinders wil trou, want hoewel ons families en harte in Suid Afrika is, is ons kinders se vriende, kennisse en toekomstige skoonfamilies hier op die Moddereiland. Toe René en Martin verloof raak, het hulle besluit op Sani, ’n lieflike oord in Halkidiki, ’n skiereilandgebied in noordelike Griekeland.

Lees Meer

Vlugtelingstatus nie ’n maklike skuiwergat nie

In Blog

AfriForum ontvang gereeld navrae oor vlugtelingstatus omdat mense al meer onveilig voel. Die burgerregte-organisasie voel sterk daaroor dat Afrikaners – wat geen ander tuiste ken nie – sinvol as Afrikaners, en in vreedsame naasbestaan met ander gemeenskappe, blywend vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan. Al voel jy dus bekommerd oor die toekoms, raai ons jou ten sterkste af om elders vlugtelingstatus te probeer verkry.  

Lees Meer

Maroela Media: Nuus hooftrekke van die week

In Blitsnuus

Alles wat jy wil weet: gratis en in Afrikaans! Maroela Media is ‘n nuuswebwerf, trots en onbeskaamd Afrikaans. As jy Afrikaans is, is hierdie jóú kuierplek!

Maroela Media se visie is om ‘n Afrikaanse kuierplek op die internet te skep deur die lewer van hoë gehalte Afrikaanse nuus en inhoud, ten einde ‘n digitale Afrikaanse gemeenskap daar te stel waarbinne die Afrikaanse taal en kultuur plaaslik en internasionaal kan groei en gedy.

Lees Meer

Wat jy aanlyn pos, kan terugkom om by jou te spook

In Blog

Die media het onlangs berig oor hoe Harvard Universiteit aanbiedings aan tien inkomende studente teruggetrek het weens aanstootlike inhoud wat dié studente op Facebook geplaas het.

Onvanpaste kommentaar en foto’s kan jou lewe vir ewig verander. Negatiewe gevolge kan nie net ’n mislukte universiteitsaansoek insluit nie, maar ook onsuksesvolle werkaansoeke of in uitsonderlike gevalle selfs hofgedinge teen jou.

Lees Meer

Jan Braai vir Erfenis – Seisoen 7

In Rolprente

Bring die braaihout en die -sout, steek die vuurtjie aan en skuif reg vir aksie. Jan Braai vir Erfenis is terug vir ’n sewende seisoen van vleis op die kole wat jou mond gaan laat water. Dié seisoen besoek Jan interessante plekke soos die Timbavati Wildreservaat, die Overberg, Oranjemund in Namibië en Moditlo in die Bosveld. Jan wyk selfs sover uit as Amsterdam om te gaan kyk hoe die Nederlanders Koningsdag vier.

Lees Meer

Parlement Parlement – Nuwe KykNET-komedie

In Rolprente

In Suid-Afrika kan plaaslike komediante skaars kompeteer met die sirkus wat gereeld in ons parlement afspeel, maar die nuwe paneelkomediereeks Parlement Parlement wys dat die professionele narre darem nog net-net die oorhand het. Elana Afrika-Bredenkamp is die aanbieder, as Madame Speaker – die bewaker van sin en rede.

Lees Meer