Leesvordering:

Nuwe reeks – Knapsekêrels

Jan 16, 2018

Paul C. Venter se reekse (onder meer Arende, Torings, Konings, Vlug na Egipte) is met rede gunstelinge onder Suid-Afrikaners en sy jongste reeks, Knapsekêrels, beloof net soveel intrige en opwinding soos vorige stories uit sy pen. Dié kykNET-reeks speel in Johannesburg af en handel oor vier uiteenlopende families: Die Bekkers, Zimmermans, Davidse en Fortuins leer mekaar noodgedwonge beter ken wanneer ’n lid van elke gesin by ’n jaagtog om oorlewing en bestaansreg in die groot stad betrokke raak. Skalkie Fortuin en Mynie Bekker werk saam by Interactive Security, en Skalkie kry die geleentheid van ’n leeftyd wanneer hy aangestel word om die welgestelde sakeman Hans Zimmerman se dogter, Addie, op te pas. Die opdrag is egter nie naastenby so eenvoudig soos dit klink nie. Bekendes soos Dawid Minnaar, Christia Visser, Armand Aucamp, André Odendaal, Sandi Schulz en Terrence Bridgett is in die uurlange episodes te sien. Maak seker jy mis nie ’n oomblik van die aksie nie: Daar is weekliks ’n nuwe episode op ShowMax.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest