Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Tony’s Quality Meat

Mei 8, 2019

Daar is min dinge wat só trots Suid-Afrikaans is soos Wêreldwyd se Wêreldgids. Hier bring ons klomp Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland onder een gemaklike platform bymekaar om jou te help om vinniger tuis te voel in ‘n nuwe land. Elke week kies Wêreldwyd een van die ondernemings op die gids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week is dit Tony’s Quality Meat in Australië.

Een van die eerste goed wat Suid-Afrikaners in die buiteland na verlang is ordentlike boerewors en biltong, iets wat skaars is in enige land wat nie Suid-Afrika is nie. Gelukkig is daar ‘n slaghuis soos Tony’s Quality Meat waar jy kenmerkende Suid-Afrikaanse vleisprodukte kan kry.

Hier is hulle storie:

Ons verskaf alle soorte vleis produkte wat ons spesialiteit Suid-Afrikaanse boerewors en biltong insluit! Tony’s Quality Meat is ‘n familiebesigheid wat hulself daaraan toewy om top kwaliteit Australiese vleisprodukte deur Australasië te verskaf. Ons kom van ‘n Suid-Afrikaanse agtergrond af en ons wil graag die geure van Suid-Afrika met soveel as moontlik mense deel. Biltong is soortgelyk aan jerky maar dit proe natuurlik baie beter en word van hoër gehalte vleis gemaak.

By Tony’s kan jy ‘n groot verskeidenheid vleis, biltong en selfs verskillende geure boerewors aankoop soos chilli boerewors of kaas boerewors. So, waarvoor wag jy? Gaan maak sommer vandag nog ‘n draai by Tony’s om vleis vir jou volgende braai te kry.

Besoek Tony’s Quality Meat se webblad hier

Besoek Tony’s Quality Meat se Facebookblad hier

Besoek Tony’s Quality Meat se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest