Leesvordering:

Migrasie: Hou jou kop in die wolke en jou voete op die grond!

Mei 28, 2019

Wanneer mense na ‘n ander land verhuis, is hulle baie opgewonde oor die nuwe vooruitsigte, wat net normaal is. Onder die omstandighede is dit noodsaaklik om steeds koelkop te beplan vir alle situasies, veral wanneer ‘n gesin se welsyn ter sprake kom. ‘n Paar basiese dinge om in gedagte te hou, is die volgende:

  • Hou jou bate- en lewensversekering in stand tot die dag van vertrek, of selfs daarna indien moontlik.
  • Soms misluk migrasie. Moenie vaste bates soos wonings of voertuie in die land wat verlaat word, verkoop voordat jy nie seker is jy gaan nie gou weer daarheen terugkeer nie en dit nie moontlik in die nabye toekoms gaan benodig nie.
  • Laat ‘n testament opstel. Maak seker dat die testament se bepalings geldig is vir alle lande waarin die testateur bates het.
  • Wys voogde vir minderjarige afhanklikes aan ingeval die ouers of huidige voogde tot sterwe kom. Maak ook seker voorsiening vir reiskoste is getref, sodat die minderjariges by hulle voogde kan aansluit.
  • Om te emigreer sonder sekerheid oor ‘n bron van inkomste, is ‘n baie groot risiko en word geensins aanbeveel nie.
  • Indien die broodwinner(s) nie meer in staat sou wees om ‘n inkomste te verdien nie, óf nie meer bereid sou wees om die res van die gesin te onderhou nie, moet ʼn noodplan vir onmiddellike oorlewing, moontlike repatriasie en die toekoms in plek wees. Daar is geen instelling wat repatriasie borg nie.

Migrasie is ‘n wonderlike avontuur wat baie nuwe dimensies tot ‘n mens se lewe kan voeg. Om egter daarvan ‘n sukses te maak, moet jy jou voete op die grond hou, selfs al is jou kop in die wolke!

LEES OOK: Dink mooi oor emigrasie

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

Harry Potter en die Towenaar se Steen- Harry Potter 1 (2024 ed)

Harry Potter en die Towenaar se Steen- Harry Potter 1 (2024 ed)

Deur J.K. Rowling Harry Potter het nog nooit eens van Hogwarts gehoor toe die brieweop die deurmatjie voor Privetlaan nommer vier begin verskyn nie. Die koeverte met die groen ink en pers stempel op vergeelde perkamentpapier word egter vinnig deur sy mislike oom en...

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest