Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Bring and Braai Catering

Mei 29, 2019

Wêreldwyd se Wêreldgids is so trots Suid-Afrikaans soos ‘n behoorlike bring en braai. Hier kan jy amper alles kry om die verlange huis toe beter te maak, jy kan selfs braai vleis by jou spesiale geleentheid hê! Elke week kies ons by Wêreldwyd een van hierdie ondernemings om in die Kollig te verskyn en hierdie week val die kollig op Bring and Braai Catering in die Verenigde Koninkryk.

Bring & Braai-spyseniers bied ’n unieke, mobiele braaidiens (BBQ) vir enige geleentheid by enige plek van jou keuse.

’n Braai is ’n alledaagse, tradisionele belewenis vir Suid-Afrikaners. In Suid-Afrika is ’n “bring en braai” ’n sosiale byeenkoms met vriende om ’n spesiale geleentheid te vier. Die gasheer steek die vuur aan en dan kuier almal om die vuur terwyl daar gebraai word, braaitang in die een hand en ’n yskoue bier in die ander.

Albei die meesterbreins agter Bring & Braai het in Suid-Afrika grootgeword, Rodney in Kloof net buite Durban en Mark in Port Elizabeth. Hulle is lekkerbekke wat baie gebraai het en toe besluit het om die ervaring met die VK te deel. Hulle het in 2009 begin en het reeds spyseniering gedoen vir talle privaat partytjies (verjaarsdae, troues en liefdadigheidsbyeenkomste) by huise en venues in en om Londen en die omliggende graafskappe, asook vir topmaatskappye in Brittanje.

Bring & Braai gebruik tradisionele metodes. Hulle braai oor ’n oop vuur en gebruik ’n mengsel van ordentlike hardehout wat uit Afrika ingevoer is om die verskillende soorte vleis te rook en die geur daarvan te verbeter. Die unieke styl en kookkuns het van Bring & Braai ’n wegholsukses gemaak, en hulle is onlangs as een van die Top 5 Afrika-spyseniers in Londen aangewys.

Bring & Braai se idee is eenvoudig:

  • Hulle het ’n spyskaart vir elke smaak, begroting en geleentheid. Moenie oor die kinders bekommer nie – as hulle onder 10 is, eet hulle teen halfprys.
  • Hulle daag op, maak reg en berei ’n braaifees vir jou en jou familie en vriende.
  • Wanneer almal versadig is en jy heeltemal tevrede is, maak hulle skoon, pak op en val in die pad.

Bring & Braai gebruik altyd die beste gehalte vars vleis wat plaaslik beskikbaar is en lewer ’n goeie, vriendelike diens. Wees gerus oor voedselhigiëne, gesondheid, veiligheid en versekering. Hulle het al die nodige sertifikate en sal dit met graagte ter enige tyd per e-pos vir jou aanstuur.

Besoek Bring and Braai se webtuiste hier

Besoek Bring and Braai se Facebookblad hier

Besoek Bring and Braai se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest