Leesvordering:

Terugflits: Ondernemings in die Kollig 2020 (Deel 2)

Jan 7, 2021

Om in ‘n nuwe land aan te pas is ‘n uitdaging. Alles is anders en om uit te vind waar jy Suid-Afrikaanse produkte kan kry raak amper ‘n soort avontuur, Wêreldwyd is hier om te help. Wêreldwyd se Wêreldgids is eie in sy soort, hier kom Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaar om ‘n gemeenskap van Suid-Afrikaners te skep. Kom kyk waar jy in Afrikaans kerkdienste kan kry, waar jy jou gunsteling Suid-Afrikaanse lekkernye kan koop en met wie jy in Afrikaans kan praat oor jou finansiële, mediese en regskwessies. Dan is die Kaap sommer weer Hollands, soos hierdie ondernemings in die Kollig.

1. Limpopo Biltong

Veertien jaar gelede het Francois van der Zee na die Verenigde Koninkryk verhuis maar sy liefde vir tradisionele biltong en boerewors het nooit verlore gegaan nie en hy het vasgehou aan resepte wat deur sy pa aan hom oorgedra is. Lees meer.

2. Rusky Business

Daar is min dinge wat “vinnige ontbyt” sê soos ‘n heerlike stukkie beskuit, dit is iets wat ons as Suid-Afrikaners maar net te goed ken. Dit is ook een van die goed wat baie Suid-Afrikaanse ekspats na verlang – want biscotti is darem net nie dieselfde nie. Lees meer.

3. Your Biltong Buddy

Your Biltong Buddy is die onderneming van Alan en Elsa, beide Suid-Afrikaners met ‘n natuurlike liefde vir biltong, jerky en boerewors. Maar jy hoef natuurlik nie ‘n Suid-Afrikaner te wees om die pure lekkerte van biltong en boerewors te genie die, dit is vir almal! Lees meer.

4. Bumble Bee Airport Shuttle Service

Na ‘n lang vlug is die rit van die lughawe af die laaste ding waaroor jy bekommerd behoort te wees. Bumble Bee bied ‘n 24 uur vervoerdiens van en na O.R. Tambo lughawe. Bumble Bee stap die ekstra myl vir jou. Hulle bied selfs spesiale toere na die Kruger Nasionale Park, Sun City en Pilanesberg. Bumble Bee hou ook die status van jou vlug dop en stel jou in kennis as jou vlug vertraag is. Lees meer.

5. Outer Africa

Outer Africa is ‘n familie besigheid in Suid-Afrikaanse besit in Duitsland. Hulle bied ‘n wye versameling wildlewe fotografie, handgemaakte juwele, huis dekor en selfs heerlike Suid-Afrikaanse kos wat jy kan geniet nadat jy alles bewonder het wat ons het om te bied. Lees meer.

6. Effortless Events

Om ‘n spesiale geleentheid te vier gaan twee kante toe, aan die een kant skep jy herinneringe en is dit ‘n fees maar aan die ander kant is daar soveel dinge wat jou moedeloos maak of jou laat sit met jou hande in jou hare – soos die beplanning. Lees meer.

7. Taste of Africa

Simon maak reeds vir die laaste twintig jaar al biltong en droëwors as ‘n stokperdjie. ‘n Paar jaar terug het hy besluit om sy stokperdjie om te skakel in ‘n besigheid en Taste of Africa het tot stand gekom. Lees meer.

8. Touch of Africa

Skop jou skoene uit en ontspan by Touch of Africa, ’n lieflike eenslaapkamergastehuis in die suidwestelike deel van Wes-Australië. Jy sal sommer dadelik tuis voel hier! Lees meer.

Suid-Afrikaanse ondernemings lê ons na aan die hart. Lys nog vandag jou onderneming op Wêreldwyd se Wêreldgids, en maak gebruik van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lys jou onderneming hier

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest