Leesvordering:

Finansiële diensverskaffers in die buiteland

Des 11, 2019

Wêreldwyd se Wêreldgids het ‘n lys van verskeie ondernemings in Suid-Afrikaanse besit in die buiteland. Hierdie ondernemings is nie beperk tot winkels wat Suid-Afrikaanse produkte verkoop nie, dit strek veel wyer as dit. Daar is ook finansiële diensverskaffers. Hier is so paar van die wat op die gids gelys is. Weet jy van nog? Laat weet ons!

Australië:

Mortgage Choice – Mortgage Choice is gestig met die doel om Australiërs te help om hulle finansiële situasie te verbeter deur ‘n verskeidenheid huisleningsverskaffers voor te stel, wat gepaard gaan met kenner advies van ‘n verband-kenner. Meer as 25 jaar se industrie ondervinding het ons geleer dat ons kliënte advies soek wat hulle kan vertrou en verstaan by kenners wat hul belange op die hart dra. Ons het nou die vermoë om hierdie dienste oor ‘n wye spektrum van finansiële produkte te verskaf, insluitend huislenings, finansiële beplanning, motor lenings, persoonlike lenings, kommersiële lenings, batefinansiering, deposito verbande, sowel as risiko en algemene versekering.

FinGlobal – Ons internasionale span spog met relevante mark ervaring, wat spesialiseer in die finansiële en oorgrens belasting beplanning vir ‘n suksesvolle toekoms in jou nuwe land.

Home Loans in Aus – Home Loans in Aus spesialiseer in lenings vir eiendomme regoor Australie. Ons het meer as 10 jaar se ondervinding en sal vir jou die regte advies gee. Skakel ons vandag en verseker jou toekoms in Australie. Ons verskaf ook finansiering vir karre, masjiene en toerusting. En jy kry die diens in jou eie taal.

Nieu-Seeland:

Rand Rescue – Ons missie by Rand Rescue is om Suid-Afrikaners te help om te sorg dat daar nie geld afgeskryf of agter gelos word wanneer hulle emigreer nie. Jy het nie nodig om jou waardevolle beleggings af te skryf nie. Rand Rescue help jou om te eis wat aan jou behoort. Rand Rescue het reeds talle Suid-Afrikaanse emigrante van regoor die wêreld gehelp om hul aftree annuïteite, uitkeer polisse, erfgeld, en ander geld vanuit Suid-Afrika oor te dra na waar hulle hulsef tans bevind. ( Rand Rescue het ook takke in die Verenigde Koninkryk, VSA en Kanada)

Mutual Financial Services – Ons bied ‘n wye verskeidenheid dienste aan om ons kliënte by te staan met hul eie unieke versekeringsbehoeftes. Boonop kan ons jou ook by staan met jou verband, en ander finansiële benodighede. Ons het toegang tot die beste produkte en produkverskaffers in Australasië en internasionaal.

FinCare – Ons omvattende reeks dienste en produkte sluit in, testamente en trusts, lewens- en gesondheidsversekering, inkomstebeskerming, kritieke sieketoestand, verband finansiering, motor- en huisinhoud versekering en redusering van ACC heffings. Ons besigheid poog om dit te beskerm wat belangrik is vir jou en jou besigheid. Dit beteken dat ons kommersiële versekeringsoplossings aan klein, medium en groot ondernemings bied en sal help om die bates van duisende individue te beskerm. Ons sit altyd ons kliënte eerste en is toegewyd tot die lewering van uitstekende diens.

Network Financial Services – Ons adviseurs is daarop toegespits om jou individuele behoeftes te verstaan en ‘n lewenslange verhouding met jou, jou familie of jou besigheidsvennote te bou. Ons heg waarde aan menslikheid – ons wil verstaan wat jy doen en hoe ons kan help.

JV Financial Services – Ons is n span Suid Afrikaners wat in Nieu-Seeland woon en werk. Ons help ander om die beste verskering te bekom, veral nuwe immigrante. Ons weet om te trek is baie stresvol, dus neem ons die stres uit jou hande uit. Ons werk op beide eilande. Kontak ons vir Lewensdekking, Gevreesde siekte dekking, Ongeskiktheid en KiwiSaver. Ons help ook om geld vir jou oor te plaas vanaf Suid Afrika na enige plek in die wereld.

Verenigde Koninkryk: 

Sable Group – Vir meer as twee dekades lank het ons span ‘n verskeidenheid kliënte geadviseer van persoonlik tot besigheids kliënte. Ons kundigheidsvelde sluit rykdom bestuur, boekhou, belasting, internasionale geldoorplasing, en nasionaliteit. Met ons as jou vennoot het jy onmiddelike toegang tot onafhanklike finansiële adviseurs, prokureurs, CA’s, MBA’s, forex makelaars, belasting kundiges, en selfs ‘n voormalige argeoloog. Maak nie saak wat jou doelwitte is nie, ons span het wat jy nodig het om jouself, jou rykdom en jou besigheid te internasionaliseer.

Breytenbachs Immigration Consultants – Breytenbachs Immigration Consultants Ltd, of BIC soos ons algemeen bekend staan, spesialiseer in Britse en Suid-Afrikaanse immigrasie. Met ‘n hoofkantoor in Londen en drie affiliaat kantore in Suid-Afrika – Pretoria, Kaapstad en Durban, kan ons kliënte vanuit beide lande van hulp wees.

Lys jou onderneming hier

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest