Leesvordering:

Is jou kind dalk die slagoffer van afknouery?

Sep 5, 2018

Afknouery is ’n wêreldwye probleem en Suid-Afrika is beslis geen uitsondering nie. Volgens ’n Unesco-verslag word bykans 250 miljoen kinders en jongmense jaarliks afgeknou. Navorsing toon dat boelies om verskeie redes daarop uit is om sekere kinders te treiter en af te knou. Hulle teiken byvoorbeeld ander etniese en kultuurgroepe, soos Afrikaanse kinders in die buiteland, en dié met ’n fisiese gestremdheid of ’n spesifieke seksuele of geslagsoriëntasie.

Afknouery is skadelike of aggressiewe gedrag wat op ’n aanhoudende en deurlopende wyse plaasvind en spesifiek gerig word op ’n leerder met minder gesag en selfvertroue as die aanvaller. Die Noorse navorser Olweus identifiseer die volgende drie kenmerke van afknouery:

  • Dit is aggressiewe aksies met die bedoeling om ander kinders seer te maak.
  • Die aksies word oor ’n tydperk herhaal.
  • ’n Wanbalans van mag laat die slagoffer hulpeloos sodat hy/sy homself/haarself nie doeltreffend teen die aggressiewe gedrag kan verdedig nie.

Die volgende vyf tekens kan aandui dat jou kind ’n slagoffer van afknouery is:

  1. Onwilligheid om skool toe te gaan: As jou kind dit altyd geniet het om skool toe te gaan en ewe skielik nie meer wil gaan nie, kan dit daarop dui dat hy/sy by die skool afgeknou word. Moenie gefrustreerd raak deur sy/haar onwilligheid om daaroor te praat nie; gesels eerder met hom/haar oor die redes waarom hy/sy nie meer wil skool toe gaan nie. Ouers moet geduldig wees as kinders aanvanklik ’n bietjie senuweeagtig is om hulle te vertel wat aangaan.
  2. Verandering in slaappatrone: Studies toon dat 36% van kinders wat slagoffers van afknouery is slaapprobleme het. Kinders wat afgeknou word kan soms parasomnie ervaar of nagmerries kry. Afknouery kan ook tot depressie lei, wat weer kan veroorsaak dat kinders sukkel om te slaap of dat hulle te veel slaap.
  3. Verandering in geaardheid: As ’n kind voorheen gelukkig of toeganklik was en skielik buierig raak, moet jy as ouer jouself afvra hoekom sy geaardheid verander het. Dit kan die gevolg wees van hormonale veranderinge, veral by tieners, maar dit kan ook ’n teken wees dat iets of iemand jou kind seermaak. Ouers ken hul kinders die beste, daarom is dit belangrik dat hulle oplet na hulle kinders se houdings en buie.
  4. Verandering van vriendekring: Hou jou kind se vriendekring dop sodat jy kan agterkom wie hy ignoreer en of hy homself dalk distansieer van kinders wat voorheen sy vriende was.
  5. Punte wat daal: As jou kind se akademiese prestasies verswak, kan dit wees omdat hy bang is om skool toe te gaan omdat hy afgeknou word. Die skool word dan ’n omgewing van vrees en angstigheid eerder as ’n omgewing waar daar geleer en genot ervaar word. Dit kan negatiewe gevolge vir kinders inhou omdat hulle belangstelling in hul skoolwerk verloor. Ouers moet hulle kinders se punte dophou en as daar ’n groot daling is, moet hulle die moontlikheid oorweeg dat groter probleme die oorsaak daarvan kan wees.

Ander waarskuwingstekens van afknouery sluit die volgende in:

  • Onverklaarbare beserings soos kneusplekke, snye en krapmerke.
  • Vrees om skool toe te gaan, om skool toe te ry met die skoolbus, of om skool toe of huis toe te loop.
  • Verskonings oor hoekom hulle nie skool toe kan gaan nie.
  • Verlies aan eetlus of ’n verandering in eetgewoontes.
  • Vernielde of verlore skoolboeke, klere of elektroniese toestelle.
  • Gereelde klagtes oor maagpyn, hoofpyn, naarheid of dat hy/sy siek voel.

Laai gerus AfriForum se teenboeliegids af vir meer inligting deur op die volgende skakel te klik: https://www.afriforum.co.za/wp-content/uploads/Teenboeliegids_Digital.pdf; of stuur vir Leandie Bräsler ’n e-pos by leandie.brasler@afriforum.co.za en vra haar om dit vir jou aan te stuur.

Leandie Bräsler: AfriForum se koördineerder vir leierskapsontwikkeling

 

Meer oor die outeur

Leandie Bräsler

Leandie Bräsler is bestuurder van junior leierskapontwikkeling by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest