Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Orpington Dental Care

Feb 15, 2022

Helen Loubser is Orpington Dental Care se hooftandarts. Sy het in 1998 in Suid-Afrika gekwalifiseer en tweejaar- nagraadse kursus in kosmetiese tandheelkunde aan die toonaangewende Eastman Tandheelkundeskool behaal. Ons praktyk word deur die familie bestuur en voorsien sorgsame tandheelkunde. Omdat die pasiënt sentraal staan, fokus ons op die bou van  sterk verhoudings met elke pasiënt. Ons is trots daarop dat verskeie geslagte van dieselfde families na ons kom met al hul tandheelkundebehoeftes.  

Die praktyk bestaan al vir langer as 20 jaar en het ’n lojale kliëntebasis. Dis nie net óns wat so sê nie – gaan lees gerus wat ons pasiënte in hul eie woorde te sê het. Ons is altyd geneë om nuwe pasiënte in te neem; hoewel ons privaat tandartse is, het ons ’n NHS-kontrak vir kinders, wat beteken dat behandeling vir kinders onder 19 gratis is.   

Ons span bestaan uit vyf tandartse, en elkeen hou daarvan om ’n reeks kosmetiese tandheelkundige behandeling aan ons pasiënte te bied, wat insluit fineer, tandbleiking, die regtrek van tande en tandheelkundige inplantate. Wat ons doen, draai daarom om pasiënte te help om elkeen ’n gelukkige, gesonde mond te hê, en ons bied ook roetine- tandheelkundige werk om jou mond so gesond moontlik te hou.

Orpington Dental Care is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel ander Afrikaners in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Die Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Tans beskik die Wêreldgids oor meer as 1 000 ondernemings, van Afrikaanse dokters in Nieu-Seeland tot biltongwinkels in Londen.

Netwerke is meer as net ondernemings; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

LEES OOK: Onderneming in die Kollig: Knysna Café & Bar

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest