Leesvordering:

Wêreldgids in fokus – Verenigde Koninkryk

Aug 27, 2020

The Newt in Somerset

Wêreldwyd se Wêreldgids is so eg Suid-Afrikaans soos Creme Soda en NikNaks. Op die Wêreldgids kan Suid-Afrikaners in die buiteland uitvind waar hulle al hulle Suid-Afrikaanse gunstelinge kan kry. Dit bevat inligting oor ondernemings in Suid-Afrikaanse besit in 54 lande reg oor die wêreld! Daar is van Afrikaanse kerkdienste en dokters tot prokureurs en tutors. Hierdie maand fokus ons op ondernemings in die Verenigde Koninkryk wat jy kan ondersteun.

Eet by Kudu Peckham

Ons Suid-Afrikaanse wortels inspireer ons kos – of dit nou ’n potjie is wat stadig oor kole prut of ons heerlike Kudu-brood. Ons het ons eie kruie- en groentetuine en vir die res maak ons staat op jagters en kossoekers se plaaslike produkte.

Koop by Padkos

Padkos se naam sê alles! Padkos is ’n mobiele winkel wat Suid-Afrikaanse produkte in en om Devon, Cornwall en Somerset aflewer. Ons bring vir jou Suid-Afrikaanse produkte van ’n hoë gehalte teen kompeterende pryse.

Bewonder The Newt in Somerset

The Newt in Somerset is vernoem na die grootkuifwatersalamander, ’n beskermde spesie in Europa en die Verenigde Koninkryk, maar is alles behalwe grillerig. The Newt is ’n viering van alles wat kenmerkend is van Somerset in die Verenigde Koninkryk – van die naam tot die appelbome reg oor die landgoed. Daar is iets van Somerset om elke draai.

Maak seker van jou feite by Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants Ltd, of BIC soos ons algemeen bekend staan, spesialiseer in Britse en Suid-Afrikaanse immigrasie. Vanuit ons hoofkantoor in Londen en drie susterkantore in Suid-Afrika – Pretoria, Kaapstad en Durban – help ons kliënte in beide lande.

Besoek Dental Emporium vir gesonde tande

Ons vriendelike, hulpvaardige span by Dental Emporium se reputasie is dat ons ingeligte sorg alle verwagtinge oortref.

 

Lees ook Wêreldgids in fokus – Europa

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest